#NetMATRIEKS Bootreis 2017

 

4 - 8 DESEMBER - met Brendan Peyper, Leah en Anders

’n Matriekjaar beteken ook die gevreesde matriekvakansie, wat menige ma nagte wakker kan hou. Hier is vyf redes waarom jy jou kind gerus op die #NetMATRIEKS-bootreis kan stuur!

Die #NetMATRIEKS-bootreis is die ideale matriekvakansie

  1. Jou kind gaan die tyd van hulle lewe hê. Hulle gaan vir vyf dae saam met Brendan Peyper, Leah en die Anders-orkes kuier en gratis vertonings op die MSC Sinfonia geniet.
  2. Hulle gaan sokkie op die dek tot die son opkom, temapartytjies hou, kareoke sing en langs die swembaddens lê en tan!
  3. Behalwe die aktiwiteite op die boot, doen die skip by die Portugese Eiland en Mosambiekse kus aan. Hier bied die NWU vlugbal aan, hulle hou skattejag en almal baljaar in die kristalhelder seewater.
  4. Jou kind kry meer as genoeg kos! Benewens ’n groot buffetonbyt en driegangaandete is daar heeldag eetgoed op die boot beskikbaar vir die manne met bodemsiekte. Alle kos (behalwe roomys) is ingesluit by die kaartjieprys, en dan is daar die middernagfeeste...
  5. Hoewel jy nie alles in jou kind se lewe kan beheer nie en hulle nie teen alles kan beskerm nie, bied die bootreis tog vir ouers ’n bietjie meer gemoedsrus. Daar is nie ’n kans dat jou kind onder die invloed van alkohol kan bestuur of saam met ’n ander besope persoon in ’n motor kan rondjaag nie. Daar is baie oë en ore op die boot en die personeel van MSC doen alles in hulle vermoë om die passasiers te alle tye veilig te hou.

 

Kliek hier vir foto's en video van ons #netMATRIEKS-bootreis2016

lyn_3.png

Wie gaan saam?

BRENDAN PEYPER LEAH ANDERS

lyn_3.png

BESPREEK NOU

Die #NetMATRIEKS-bootreis 2017 se besprekings is nou oop.

*Let wel: Daar is slegs 'n paar kajuite oor.

Elke kind bly in ’n luukse kajuit en kry ’n GRATIS Finesse-geskenkpak met ’n koel T‑hemp en ’n boek deur een van die celebs.

Bespreek direk by die MSC Sinfonia by 011 807 5111. As jy bel, onthou om te sê jy bespreek vir Finesse se #NetMATRIEKS-bootreis.

BESPREEK AANLYN
Jy kan ook aanlyn op MSC se webwerf bespreek deur HIER te kliek.
Maak seker jy kies steeds die MATRIC CRUISE opsie:

 

lyn_3.png

Aangebied deur

 

 

 

Website Security Test