100 dae tot 'n nuwe jy!


’N NUWE JY 2017 uitdaging

Of jy nou vyf of 20 kg wil verloor, jy kan! ’n Span spesialiste staan gereed om jou te help om weer goed te voel en fantasties te lyk. PLUS – jy kan ’n naweek-wegbreek na een van die luukse Guvon oorde wen vir 2!

lyn_3.png

Hierdie keer daag ons ’n duisend vroue uit om vir honderd dae te volhard. Saam-saam gaan ons gesonder en fikser word. Gaan dit soms moeilik wees? Ja. Gaan jy soms sweet? Beslis. Is dit die moeite werd? Definitief! Dalk word jý een van ons 20 gelukkige finaliste wat ‘n totale make-over deur Finesse kry.

Om in te skryf is maklik!

• Vul die inskrywingsvorm in.
• Neem ’n foto van jouself (vollyf en halflyf) en laai dit onderaan jou vorm op.
• Kliek op “ VOLGENDE” knoppie heelonder.
• Betaling is vinnig en veilig met jou kredietkaart of EFT.
• Inskrywings sluit op 18 Januarie 2017.
• Jy volg die program vir 100 dae vanaf 18 Januarie tot 17 April, waarna jy weer vir ons jou foto en gewig oplaai of e-pos.

lyn_3.png

Jou R100-inskrywing sluit die volgende in:

• Jou deelname aan 2017 se Nuwe Jy-uitdaging en die kans om een van die Nuwe Jy finaliste te word!
• 'n Eetplan en 'n oefenprogram op die Nuwe Jy-toep (app) gratis
• Catherine van Heerden se Dink jouself dun e-boek met gratis videos in
Opsioneel: Omdat jy die R100 betaal het, kan jy 'n hele pakket aankoop om jou op jou gesondheidsreis te help. Hierdie pakket se waarde is R560, maar sal jou slegs R250 uit die sak jaag. Dit bestaan uit:
- Linda Kriel se oefen-DVD, Verbrand Vet Vinnig
- Die Dieetjoernaal - ’n 30-dag leefstylprogram
- 'n Vetverbrander

lyn_3.png

Jy hoef hierdie reis na maer word nie alleen aan te pak nie!

Ons het vir jou produkte uitgekies wat jou reis net nog verder vergemaklik. Teen slegs R250 kan die volgende produkte ter waarde van R560 kry:

Die Dieetjoernaal
Vetverbrander DVD

KLIEK HIER om die pakket van 3 produkte te koop teen slegs R560 R250. Jy sal 'n afslagkode ontvang sodra jy ingeskryf het.

lyn_3.png

 

 

 

kommentaar (6)

  • Mariska Wiehman (kommentaar)

    Ek sal graag wil deelneem aan die uitdaing, 'n nuwe jy!
    Ek trou volgende jaar einde April en sal graag 'n paar kilos wil afskud en "tone".
    Ek is baie lief vir aktief wees, maar die selfdissipline is soms min. Ek
    geniet dit om te hardloop en wil weer deelneem aan wedlope. As die weer buite
    nie lekker is nie, word ek verplig om binne te oefen...maar ek is bietjie
    "clueless" met wat om te doen.

    Ek sal so 'n uitdaging baie geniet. *M

  • Louma Louwies (kommentaar)

    Ek wil graag ten minste 25kg verloor - Ek WEET Ek kan maar het di ondersteuning nofig - Ek weeg tand 107kg & kon 3 jr gelede lag lag 10km draf - Help my asb om Mei op vakansi te gaan & goed te lyk & voel - -

  • Riana van Eeden (kommentaar)

    as mens wil deelneem aan die 100 dae uitdaging moet mens die eetplan doen wat hulle vir jou gee of kan jy jou eie eetplan doen soos byvoorbeeld weighless of so

  • admin

    Hi Riana, jy kan die eetplan volg wat ons stuur. Maar as dit nie vir jou werk nie kan jy ook 'n ander eetprogram volg.

  • Eloise Kemp's picture

    Eloise Kemp

    Hi, wanneer kry ons die oefen en eetprogram nadat jou betaling gemaak is? Kan nie wag vir die uitdaging nie! Ek trou in Oktober hierdie jaar en wil baie graag slank raak. Elke bruid droom mos van haar groot dag!!! 30kg om te gaan!!!

  • Luzanne van der... (kommentaar)

    Ek wil baie graag net weer soos 'n normale persoon in die winkels instap en klere koop. Tans weeg ek 140kg en stap baie maar baie stadiger as ander mense. Is deel aan 'n atletiekklub en my eerste 21km is einde Februarie....so ek moet meer energie hê en goed voel oor myself.

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA