Begin werk aan jou bikini-lyf

Linda Kriel

Ontwaak uit jou winterslaap, om jou lyf somergereed te kry sonder om jou tot kitsdiëte te wend. Linda Kriel wys jou hoe.

Doen hierdie oefening 3 keer per week om jou arms, boude, bene en maag op te knap.

Beginposisie: Staan met een voet voor die ander, ’n groot tree uitmekaar. Hou ’n gewiggie met albei hande bokant jou linkerskouer vas. Jou elmboë is gebuig en wys vorentoe, asof jy op die punt is om ’n kolf te swaai.

Eindposisie: Buig nou albei jou knieë 90° in statiese hurk (lunge) terwyl jy jou bolyf draai en die gewig laat sak na jou regterbeen. Jou arms is nou reguit. (foto) Keer terug na die beginposisie en herhaal ’n paar keer na die een kant voordat jy die ander kant doen.

Doen 10 tot 20 herhalings links; 10 tot 20 regs met 1 minuut kardio (soos draf op die plek) tussenin.

Beginners: doen die program 2 keer Middelvlak: 3 keer Gevorderd: 4 keer

Kom kuier saam by ons ’n Nuwe Jy-fees + 5 kilo’s pretdraf. Kliek hier en kyk na die video.

WENKE om jou lyf gereed te kry vir die somer

Krimp jou maag
Eet gereeld olyfolie, avokado’s en neute, veral dennepitte, wat heelwat poli-onversadigde vetsure bevat. Dié vetsure vermeerder die twee hormone wat ’n sein na jou brein stuur dat jy versadig is. Die kalsium in suiwel sal ook help om jou maag te laat krimp. As jy ’n tekort aan kalsium het, skei jou liggaam ’n hormoon af wat veroorsaak dat jy vet stoor.

Drink 4 tot 5 koppies groentee per dag.

Doen gereeld kardio
Die regte maagspier- en middellyfoefeninge is noodsaaklik, maar jy moet ook die vetlagie bo-op die spiere wat onder die vel geleë is, verbrand deur gereeld kardio te doen, soos spinning, kickboxing, fietsry of stap en draf, wat jou harttempo laat styg. Wisseloefeninge (interval training) werk die beste.

Kry ’n doelwit
Sluit aan by ’n groep of klub wat gereeld stap, draf of fietsry en ook wedlope of wedrenne aanbied.

As jy jou daartoe verbind om aan ’n wedloop deel te neem, gee dit jou ’n doel om voor te oefen. Kies iets wat jou opgewonde maak en reg deur die somer en selfs deur die loop van die jaar geïnteresseerd sal hou. Skryf in vir ’n halfmaraton of maraton of ’n bergfietsresies. As jy baie onfiks is, begin met ’n 5 km‑stap.

Hou ’n kompetisie
Kontantgeld is altyd ’n uitstekende motivering. Skep jou eie weergawe van The Biggest Loser deur ’n spannetjie van 10 vriendinne of kollegas te kry wat elkeen ’n bedraggie bydra. Weeg julle een keer ’n week. Die een wat aan die einde van die maand die meeste verloor het, kry al die geld. As iemand haar nie in die week weeg nie, kry sy ’n boete. Onthou, veilige gewigsverlies is die antwoord. Die ideaal is 500 g tot 1 kg per week.

 

lyn_3.png

KOOP AANLYN

Wil jy maer wees? Leer jou brein om gewig te verloor.

Baie mense sê: “As ek net my kop kan regkry...” En dit is presies wat jy moet doen as jy wil hê enige eetprogram moet help. Nou kan jy met die hulp van Kobus en Raché en Wil jy maer wees? daardie allerbelangrikste kopskuif maak – en beheer verkry oor jou gewig, jou eetgewoontes en jou gesondheid!

Kliek hier en bestel die boek, Wil jy maer wees?, op Voelgoedwinkel.co.za.

lyn_3.png

 

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA