Fiks en ferm op ’n trappie

Linda Kriel

Volgens LINDA KRIEL is al wat jy nodig het, ’n trappie en 15 minute om hierdie kardio- en spieropknapping te doen.

Warm op vir 3 minute voordat jy die program doen.

• 1 minuut. Stap of draf op en af van ’n trappie terwyl jy jou arms boontoe stoot.
•1 minuut. Maag (sien foto): Hou jou hele liggaam reguit in die plankposisie met jou hande op die trappie. Lig jou regterknie op na jou regterskouer. Herhaal met die ander been.
•1 minuut. Boude: Staan bo-op die trappie en hurk (squat) af met jou regterbeen, kom regop en hurk af met jou linkerbeen. Onthou om jou boude agtertoe te stoot as jy hurk sodat jou knieë nie oor jou tone gaan nie.
•1 minuut. Boarms: Sit op die trappie en plaas jou hande langs jou boude op die trappie. Lig jou boude nou van die trappie af en maak jou bene amper reguit voor jou. Sak nou af deur jou elmboë te buig en maak dit weer reguit.
•1 minuut. Bobene: Agtertoe hurke (lunges). Begin met albei voete op die trappie. Tree agtertoe met jou regterbeen en buig jou regterknie en jou linkerknie in ’n hurk (lunge). Keer terug totdat albei voete op die trappie is en herhaal met die ander been.

Herhaal die program 3 keer.

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA