Moenie gewig aansit in die winter nie

Linda Kriel

LINDA KRIEL help jou om die wintervet af te skud. Die meeste mense kry tussen 2 en 5 kg by in die winter. Hulle eet nie noodwendig meer nie, maar is hulle minder aktief.

Dis nie lekker om in die koue te gaan stap of draf nie. Dié kardioprogram, wat jy in jou sitkamer kan doen, help om die kilojoules te verbrand. So, speel opgewekte musiek en begin sweet!

Jou oefenprogram vir die maand:

• Spring tou vir 60 sekondes tussen elke oefening.
• Beginners: Doen elke oefening vir 30 sekondes vinnig en rus 30 sekondes. Doen die program twee keer.
• Middelvlak: Doen elke oefening 40 sekondes vinnig en rus 20 sekondes. Doen die program drie keer.
• Gevorderd: Doen elke oefening 50 sekondes vinnig en rus 10 sekondes. Doen die program vier keer.

OEFENING 1: Hardloop met knieë hoog

Hardloop op die plek en lig jou knieë hoog. Hou jou hande maaghoogte en probeer dat jou knieë jou hande raak. Beginners hoef nie die knieë so hoog op te lig nie. As jy knieprobleme het en nie hoë-impakoefening wil doen nie, stap dan net vinnig op die plek met jou knieë hoog.

OEFENING 2: Galop en raak die vloer

Galop 4 treë sywaarts na regs en raak die vloer. Galop 4 treë sywaarts na links en raak die vloer. Wanneer jy die vloer raak, buig jou knieë lekker diep in ’n plié-hurk posisie – met die tone uitgedraai – sodat jou bobene en binnebene werk. Beginners kan sywaarts stap en die vloer raak.

OEFENING 3: Trappie op en lig knie

Gebruik ’n stewige trappie wat nie te hoog is nie. Klim op met jou linkervoet en lig jou regterknie hoog op terwyl jy jou linkerelmboog oorkruis probeer raak met jou regterknie. Tree weer af en herhaal met die ander kant. Jou bene, kuite en middellyf werk. Hou so aan deur op en af van die trappie te tree. Trek jou maagspiere in.

Deur Linda Kriel
Instagram: @lindakrielfitness
Facebook: Kry Daai Lyf met Linda Kriel.

lyn_3.png

Linda Kriel is die aanbieder van die TV-program Kry Daai Lyf op kykNET. Sy skryf ook ’n fiksheidsrubriek in FINESSE-tydskrif en bedryf sedert 1992 ’n fiksheidskliniek wat in gewigsverlies spesialiseer.

Linda Kriel se boek, Kry daai lyf, bied jou alles op ’n skinkbord vir ’n gesonde, skraler jy. Jy kry nie net een eetplan wat werk nie, maar twee. Bestel jou eksemplaar by voelgoedwinkel.co.za en die skrywer word jou persoonlike oefeninstrukteur met foto’s wat presies wys wat jy moet doen. Sy motiveer jou om sentimeters te verloor, jou lyf ferm te maak en vet te verbrand.

 

Linda staan gereed om jou te help by kliekdiekenner.co.za. Maak nie saak wat jy vra nie, haar antwoorde sal werk!

 

 

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA