Perfek omgekeer

Leona Erasmus is, volgens ALETTÉ WINCKLER, ’n mooi voorbeeld van ’n omgekeerde driehoek: breë skouers en smal heupe.

  • • Jou heupe en skouers moet in balans wees. As jy rompe dra, moet jy fokus op rompe wat volume om die heupe gee, byvoorbeeld die A-lyn.
  • • Aangesien baie vroue in hierdie groep klein agterstewe het, sal broeke met sakke agter volume verskaf.
  • • V-halslyne word aanbeveel om die sterk lyn van die skouers te onderbreek.
  • • Kies korter baadjies wat uitklok by die heupe om jou lyf te balanseer.
  • • Wanneer dit by die kleur van die uitrusting kom, kies helder kleure of patrone vir jou onderlyf en fokus op donker effe kleure vir die bokant.

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.