Oondgeroosterde hoender met kruiebotter

’n Goeie hoenderdis bly altyd ’n wenner. Rooster ’n smaaklike hoender in die oond sonder ’n groot gesukkel.

Genoeg vir: 8
Tyd: 1 uur 20 minute

 
BESTANDDELE
8 knoffelhuisies, fyngemaak
skil en sap van 3 suurlemoene
hand vol tiemie, blare afgestroop + ekstra
hand vol pietersielie, fyngekap + ekstra
180 g sagte botter
2 heel hoenders
olyf- of avokado-olie om oor te drup

METODE
1 Stel die oond op 200 °C. Meng knoffel, suurlemoenskil (hou sap eenkant), tiemie en pietersielie saam. Geur. Hou ongeveer ’n kwart van die mengsel eenkant om oor te sprinkel by opdiening. Meng die botter deur die res van die kruiemengsel.
2 Lig die hoenders se velle liggies op en stop met die kruiebotter. Geur die holtes en stop met ekstra tiemie en pietersielie. Bind die bene met kombuistou vas. Plaas die hoenders op ’n roosterplaat met die borskant na bo. Bedruip met olie en suurlemoensap. Geur.
3 Rooster ongeveer 1 uur. Skep die pansap ’n paar keer oor die hoenders, tot deurgaar en goudbruin. Sprinkel die kruiemengsel bo-oor.


 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA
Website Security Test