Oondgeroosterde hoender met suurlemoen-en-knoffelbotter

0
56
oond_geroosterde_hoender.jpg

Genoeg vir 6

Genoeg vir 6

BESTANDDELE

1 groot hoender, skoongemaak en oortollige stukkies vet verwyder
halwe ui, in wiggies gesny
1 groot suurlemoen, in kwarte gesny
1 knoffelbol
160 g sagte botter
5 ml fyngerasperde suurlemoenskil
10 ml fyngekapte vars tiemie of dragon
seesout en varsgemaalde swartpeper

METODE

1 Stel die oond op 200 °C.
2 Druk die hoender se vel droog met kombuispapier en geur die binneholte mildelik met sout en swartpeper.
3 Sit die ui en suurlemoenwiggies in die binneholte.
4 Haal vier knoffelhuisies uit die knoffelbol en hou eenkant. Skil die res van die knoffelhuisies, maar hou dit heel en druk dit ook in die hoender se binneholte. Bind die hoender netjies op met kombuistou.
5 Kap die vier ander knoffelhuisies goed fyn en meng dit met die sagte botter, suurlemoenskil, tiemie of dragon en ’n bietjie sout en peper.
6 Smeer dit egalig oor die hoender en vryf die vel goed daarmee in. Maal sout oor die hele hoender en vryf dit ook in.
7 Sit die hoender in ’n oondbak wat met olie gesmeer is en oondrooster 30-40 minute.
8 Haal die hoender uit die oond, bedek met tinfoelie en verlaag die oondtemperatuur tot 160 °C. Bak vir nog 60 minute tot die hoender sag en gaar is.
9 Haal weer uit die oond en skep die vloeistof in die pan oor die hoender.
10 Verhit die oond se roosterelement en braai die hoender onder die rooster tot dit ’n diep goudbruin kleur het. Laat staan vir 10 minute en sit voor.

WENK
Die geheim om die vel bros, geurig en goudbruin te kry is om die hoender vooraf goed met gegeurde botter in te smeer en daarna mildelik seesout oor te sprinkel.

Resep is saamgestel uit Plaaskos deur Arina du Plessis, uitgegee deur Human & Rousseau (R310,00).

 

DEEL
Vorige artikelMatriekuitslae
Volgende artikelOntdek weer die kind in julle
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.