Hoeveel vertel jy vir die kinders?

Hettie Brittz

Ouerskapkenner: Hettie Brittz

lyn_3.png

GRATIS

Help, ek is 'n skoonma (skoondogter)! In hierdie boek vertel 30 vroue wat vir hulle werk en wat nie. Die moeders wat hulle wysheid deel, sluit in Elise Grey, Wanda Bam en Nina Smit. Die dogters wat uitpraat, is onder andere Gretha Wiid, Karlien van Jaarsveld, Amy Kleinhans en Mandi Baard. Kliek hier om Elzette Maarschalk se uittreksel gratis af te laai.

lyn_3.png

Niemand wil doelbewus hulle kinders mislei of die waarheid van hulle af weghou nie. Hoeveel detail moet jy dan vir jou kinders vertel as dit gaan oor moeilike sake soos egskeiding, ontrouheid of verslawing?

Daar is ’n verskil tussen skaamte en skandes. ’n Skande is iets wat die familiegeskiedenis vir altyd verander. Dit veroorsaak ’n krisis as die kind dit op die verkeerde tyd of manier uitvind. Dit kan iets soos egskeiding, ontrouheid of verslawing wees, of selfs dat een ouer tronk moet toe gaan. Skaamte waai vinnig oor en kinders vergeet dit gou. Dit is gewoonlik ook iets waaroor hulle later glimlag omdat hulle dit as volwassenes beter kan verstaan.

Praat só met jou kinders as julle gaan skei

Wanneer vertel jy die volle waarheid vir jou kinders en wanneer verswyg jy sekere besonderhede? As ons oor egskeiding praat, is dit byvoorbeeld nie wys om enigsins met jou kinders daaroor te praat voordat julle ’n finale besluit geneem het nie. Om te hoor jou ouers gaan skei, skud ’n kind se totale wese en sekuriteit. Om vir ’n kind te sê: “Ek en Pappa dink daaraan om te skei, want ons baklei heeltyd,” is soos om ’n aardbewing in jou kind se lewe te begin wat vir maande of jare kan voortduur.

As die besluit egter absoluut finaal is, moet julle saam as egpaar met die kinders praat. Die oomblik wat een ouer nie by is nie, bestaan die gevaar dat die ouer wat nie teenwoordig is nie, as die skurk gesien kan word. Die ouer wat die kinders vertel, kan ook moontlik die geleentheid misbruik om die ander een sleg te maak by die kinders. Om ’n gesin op so ’n manier te verdeel is baie wreed teenoor die kinders.

Moet dit nie so direk aan jong kinders noem as die redes vir ’n egskeiding dinge soos drankmisbruik, ontrouheid of verslawing is nie. Probeer dit sagkens stel deur iets te sê soos: “Mamma het ’n probleem waarvoor sy hulp nodig het, iets waarmee ons nie kan help nie. Mamma kan die beste gehelp word as sy alleen op ’n spesiale plek gaan bly.” Kinders voel dan dit is nie hulle skuld nie, en hulle kan deernis hê met die “skuldige” ouer. Hulle respek vir die ouer word ook nie ondermyn nie.

Blog: ”Ek sal die dag nooit vergeet nie.  Ek het haar van ver af sien aankom. Haar lang, maer lyfie krom en haar kop afwaarts gewend.  Sy het haar sportklere aangehad en was oppad netbal toe. Toe sy my sien het sy in trane uitgebars...”

Hoeveel detail jy meedeel, moet by die kind se ouderdom pas

Verslawing by een van die ouers kan ’n geleentheid wees om in konteks daaroor met jou ouer kind te praat. Verduidelik dat verslawing ’n siekte is, en verslaafde mense het ons genade nodig. Die persoon moet dan professionele hulp kry en verantwoordelikheid aanvaar vir die fout wat hulle gemaak het om ’n middel te gebruik wat hulle weet skadelik is.

’n Goeie reël om te volg is om nie met die kinders oor familieskandes te praat as hulle nog nie die geheim kan hou nie. As jy byvoorbeeld drie kinders het, van 5, 9 en 14, sal jy nie al die detail vir die veertienjarige kan vertel nie, want die kans is groot dat dit by die kleintjies gaan uitkom. Hulle is nog nie opgewasse om daardie inligting te verwerk nie. Neem dus die jong kinders in ag, en vertel net dit wat almal op daardie stadium sal kan verstaan en hanteer.

Wanneer is die regte tyd om daaroor te praat?

As die kinders self agterkom dat daar byvoorbeeld ontrouheid was omdat hulle die ouers hoor baklei het, of dit selfs gesien het, is dit nie wys om stil te bly nie. Die stilte dwing die kinders tot geheimhouding. Wanneer hulle met so ’n donker geheim moet saamleef, kan dit hulle geweldige skade aandoen. Praat so gou moontlik oor die saak. Andersins is die regte tyd vir praat wanneer hulle oud genoeg is om begrip te hê en te verstaan hoe moeilik die lewe ook vir grootmense kan wees.

As dit jou eie skandes is, is dit beter as jy dit self vir die kinders vertel. Dit sal ’n goeie voorbeeld vir hulle stel om verantwoordelikheid te aanvaar en die gevolge van jou dade te dra. Hierdeur gee jy ook jouself die geleentheid om om vergifnis te vra.

Kommunikeer familiegeheime en -skandes altyd sonder vooroordeel en in alle eerlikheid aan die kinders, maar bid vir wysheid oor wat jy dalk eers moet uitlaat. Omdat kinders baiekeer bloot te jonk is om te verstaan, maak die waarheid hulle dikwels eerder bang as vry.

lyn_3.png

BESPREEK

Maak reg vir ’n opwindende reis vanaf Durban na die Portugese Eiland, gelaai met aksie, inspirasie, musiek, komedie en geestelike pitkos. Kliek hier vir 7 redes waarom jy moet saamkom op Net-vir-die-Girls 2017 bootreis.

lyn_3.png

 

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.