Hoeveel vryheid moet ek my kind gee?

vryheid

 

lyn_3.png

GRATIS E-BOEK

Hoe om 'n superkind groot te maak
Leer hoe om jou kind beter te verstaan en kreatief gereed te kry vir die toekoms. Besef hoekom heelbreindenke nodig is om jou kinders “die beste” te gee. Dink van nou af nuut en anders oor ouerskap en besef: Hoe jy dink bepaal jóú lewe – én jou kind s’n!

KLIEK HIER om jou gratis Carpe Diem e-boek hier af.

lyn_3.png

Elke kind, of dit nou ’n kleuter of ’n tiener is, smag na vryheid. Maar hoe weet jy wat om wanneer toe te laat?

Jou jongste smeek jou om by ’n maatjie oor te slaap en jou oudste kerm om sy inkomtyd ’n bietjie te rek. As ouer probeer jy kophou en verstandige besluite neem. Maar tussen wat die “boek” sê, wat jy self as kind beleef het en wat ander ouers toelaat, raak dit al hoe moeiliker.

Wat is die reëls oor uitslaap en inkomtye?

“Jou kind se veiligheid en welstand kom altyd eerste,” sê Karin, ’n opvoedkundige sielkundige. Voel jy gerus oor die mense waar sy gaan oorslaap en voel jou kind gemaklik daarmee? Baie kleintjies het ’n behoefte om by ’n maatjie te gaan oorslaap, maar hulle is dikwels nie emosioneel reg nie. Begin met oor-en-weer speeltye en rek dit dan tot sy gereed is om te oornag.

Karin laat nie haar laerskoolkinders ná donker uitbly nie. In uitsonderlike gevalle het sy dit al toegelaat – mits sy seker was oor hulle veiligheid en die tipe toesig. Sy verkies ook om hulle op hierdie ouderdom self af en op te laai.

Op hoërskool, wanneer groepsdruk ’n groter rol speel, gee ’n mens meer vryheid. Jy moet egter steeds weet saam met wie hulle gaan, waarheen en wanneer hulle terug sal wees. Goeie kommunikasie, verantwoordelikheid en om te weet wat reg en verkeerd is, is noodsaaklik.

As jou tienerdogter saam met ’n outjie wil uitgaan, moet julle hom darem eers leer ken. Nooi hom vir ’n braai of pizza. Weereens, wéét wie, waar, wanneer en hoe. “Moenie te streng wees nie, want dit laat kinders uit rebelsheid die grense oorskry.”

Leer haar dat verantwoordelikheid saam met vryheid gaan

Tieners wil graag dieselfde voorregte as volwassenes hê, maar sonder om die verantwoordelikheid van die grootmenswêreld te dra. Hulle wil hulle eie ding doen, maar kort die wysheid en insig van jare lange ervaring.

In sy boek, Parents: Give your Kid a Chance, vertel Ken Poure dat hy elke jaar vir sy kinders ’n verjaardagboks gegee het. Daarin was meer verantwoordelikheid en vryheid vir die nuwe jaar. Die grootte daarvan is bepaal deur hoe getrou die verantwoordelikhede van die vorige jaar nagekom is.

Moenie jou kinders onvoorbereid in ’n nuwe vryheidsfase instuur nie. Help jou tieners om vir hulleself te dink deur baie vrae te vra en deur jou eie lewenservaring met hulle te deel. Onthou, dis moeilik om vryhede in te kort nadat dit gegee is. Moet dus nie te veel te gou toelaat nie.

Verantwoordelikheid is nie iets wat jy oordra deur preke, dreigemente of dwang nie. Vryheid en verantwoordelikheid moet van jongs af stukkie vir stukkie gegee word. Jy bou jou kinders se karakter as jy hulle toelaat om keuses te maak en die gevolge daarvan te dra. Kinders wil nie noodwendig alles hê nie, hulle is heeltemal tevrede as daar darem net ’n toename in vryheid is.

Hoe berei ek hulle voor vir die lewe?

Om ’n kind vir volwassenheid voor te berei is soos ’n reis wat van kleins af begin. Jy as ouer is die toergids: Jy kan leiding gee, maar nie die pad namens hulle stap nie.

Maak ’n gewoonte daarvan om jou kind deel van jou alledaagse besluite te maak. Gesels hardop oor die opsies, die voor- en nadele en die gevolge van elke besluit. As dit later duidelik word dat jou besluit die verkeerde een was, bespreek die redes en hoe om die situasie reg te maak. Jou voorbeeld vandag speel ’n groot rol in hoe jou kind eendag in soortgelyke situasies sal optree.

Ons dink dat tieners net stroomop wil wees, maar wie sê die probleem moet net by boet en sus gesoek word? Probeer ’n slag om jou optrede só te verander dat dit volgende keer jou tieners aangenaam sal verras!

lyn_3.png

KOOP AANLYN

5 minute met Jesus - Dagstukkies vir kinders
Twaalf bekendes in die jeugbediening het saamgeskryf aan hierdie Bybeldagboek vir kinders. Hierdie mense ken die harte van kinders en weet presies met watter issues die jeug daagliks te doen kry. Die skrywers gee raad sonder om prekerig te klink en lewer ook persoonlike getuienisse, wat die dagboek lekker lewendig maak

Kliek HIER om die aanlyn te koop op www.voelgoedwinkel.co.za

lyn_3.png

 

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.