Pampoenpoffertjies

Herleef weer jou kinderdae met ’n bord vol heerlike pampoenpoffertjies. Daar is min dinge so lekker soos hierdie soetbederf.

Genoeg vir: 25-30 poffertjies
Tyd: 40 minute


BESTANDDELE
300 g pampoen, geskil en in blokkies gesny
10 ml avokado-olie
15 ml melassestroop
1,25 ml fyn kaneel
1,25 ml fyn gemmer
olie vir diepbraai
30 g botter, gesmelt
125 ml melassesuiker
1 groot eier
skil van ½ lemoen
125 ml karringmelk
140 g bruismeel
1,25 ml sout
5 ml fyn kaneel
2,5 ml wonderpeper
1,25 ml droë rissievlokkies (opsioneel)
100 g suiker
10 ml fyn kaneel

METODE
1 Stel die oond op 200 °C.
2 Meng die pampoen, avokado-olie, melassestroop, kaneel en gemmer en plaas op ’n bakplaat. Rooster tot sag, 15-20 minute.
3 Verhit olie in ’n kastrol vir diepbraai.
4 Maak die pampoen fyn, maar los enkele stukkies tussenin vir tekstuur. Roer die gesmelte botter by.
5 Meng die melassesuiker, eier, lemoenskil en karringmelk, en klits tot glad. Klits dit by die pampoenmengsel in.
6 Roer die meel, sout, kaneel, wonderpeper en rissievlokkies by.
7 As die olie warm genoeg is, skep teelepels vol van die beslag in. Die kastrol moet nie te vol wees nie aangesien die poffertjies plek nodig het om op te pof en eweredig gaar te word. (Toets die hitte van die olie deur ’n stukkie brood daarin te sit: As die brood begin dryf en borrel en knetter, is die olie warm genoeg.)
8 Haal die poffertjies uit as dit gepof en goudbruin is. Dreineer op ’n papierhanddoek.
9 Meng die suiker en kaneel in ’n bak. Plaas die warm poffertjies daarin en bedek egalig.
10 Geniet die poffertjies warm of laat afkoel vir die kosblik of ’n happie later in die dag.
 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA
Website Security Test