Pizza-hoender

Pizza-hoender

20-30 min. + baktyd 15 min.

4-6 mense

6 hoenderborsies
50 g tamatiepasta
150 g babaspinasie in warm water geweek tot sag
30 g amandelmeel om bakplaat voor te berei en om laaste oor die hoender te sprinkel
Alle pizza-opsies begin altyd met tamatiepasta en babaspinasie wat geweek is.

Ekstra bestanddele
pynappel
rooi slaai-ui, fyngekap
rooi of oranje rissie, opgekap
dennepitte

Sous
2 e sojasous
2 e rou heuning
1 t (opgehoop) vars fyngekapte knoffel
½ t woestynsout
½ t growwe swartpeper
1 t vars tiemie
Meng alles saam tot opgelos.

  1. Maak die hoenderborsies met ’n koppie sag tot dun.
  2. Braai in olyfolie tot gaar sonder enige sout of kruie.
  3. Stel die oond op 200 °C.
  4. Spuit ’n bakplaat met kleefsproei en besprinkel met amandelmeel.
  5. Plaas op bakplaat, smeer met tamatiepasta en rangskik babaspinasie bo-op.
  6. Skep ekstra bestanddele ook op die hoenderborsies.
  7. Meng die sous.
  8. Bedruip borsies met die sous en besprinkel met amandelmeel.
  9. Bak vir 10 tot 15 minute.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

60 min. + gaarmaak: 60 min. 4 mense 1 ekstra groot of 2 medium botterskorsies, in halwes gesny 1 t olyfolie 1 groot rooi-ui, opgesny ...

Nuwe jy-finalis 2023 Carien Yzelle, 32, fisioterapeut, het 11.6 kg met die Nuwe jy-program deur middel van Slender Wonder verloor … As ma van ’n ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!