Lizanne du Plessis

Roetine kweek orde en karakter

Dis gewone take soos tande borsel en huiswerk doen wat ’n ma grys hare gee as Boeta bly uitstel, veral as almal in die huis ’n bedrywige program het.

Mense is geneig om weg te skram van roetine af, nogtans het ons almal sekere vaste gewoontes. Ons staan op, trek aan, eet en borsel tande. Jy verrig take of aktiwiteite op dieselfde manier en op min of meer dieselfde tyd van die dag.

My man sit byvoorbeeld elke dag sy sleutel, beursie en selfoon op presies dieselfde plek neer. Dit beteken dat hy nooit hoef rond te skarrel op soek daarna nie.

Hierdie goeie gewoonte is deel van sy daaglikse roetine en maak beslis sy lewe makliker. Ek aan die ander kant moet omtrent die huis omkeer om my motorsleutel of selfoon te kry voor ek in die pad kan val.

Sorg vir struktuur en voorspelbaarheid

As dagtake ’n stryd is, wees streng met vaste reëls en strukture. Dit herinner jou kinders aan wat hulle moet doen en gee ook ’n vaste vorm aan hulle dag. Dit laat hulle veilig voel.

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Koffie in ‘n kits  ’n Koppie VETVERBRANDENDE KOFFIE wat meer as net kaffeïen bevat, kan vir seker help om die ongewenste sentimeters om jou middel ...

Die violis LYNETTE DE JAGER het lankal reeds besef dat die lewe kort is en dat sy die beste moet maak van elke geleentheid wat ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!