Rosyntjie-en-roosmarynvolstruissteak

Rosyntjie-en-roosmarynvolstruissteak

5 min. + gaarmaak 15 min.

3-4 mense

1 e olyfolie

750 g volstruissteaks of -filette

1 t olyfolie

2 rooi slaai-uie, opgekap

Marinade

4 e olyfolie

4 e rou heuning

sap van 1 lemmetjie

2 t vanieljegeursel

2 handevol rosyntjies in warm water geweek

2 t woestynsout

1 t growwe swart peper

handvol vars roosmaryn, opgekap, vir garnering

  1. Verhit ’n pan met olyfolie tot warm.
  2. Braai volstruissteaks vir 4 minute tot medium gaar, verwyder van die pan en laat staan.
  3. Voeg ’n ekstra teelepel olyfolie in die pan en braai die opgekapte ui tot goudbruin.
  4. Meng intussen die marinade en voeg by die uie, voeg dan ook die geweekte rosyne by en laat die heuning karamelliseer.
  5. Plaas die steaks terug in die pan, en bedek met marinade.
  6. Garneer met vars roosmaryn voor opdiening.
  7. Meld aan

    Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

    Teken in

    Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

    Deel die artikel

Méér artikels

Koffie in ‘n kits  ’n Koppie VETVERBRANDENDE KOFFIE wat meer as net kaffeïen bevat, kan vir seker help om die ongewenste sentimeters om jou middel ...

15 min. + gaarmaak: 10 min. 4 mense 1 e amandelmeel knippie kaneel 1 groot Granny Smith-appel 1 groot Pink Lady-appel sap van 1 suurlemoen ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!