Sisters with Blisters - protesaksie op 'n prettige manier

Die jaarlikse 1st for Women Sisters with Blisters protes-pretloop, een van die grootstes van sy soort, vind vanjaar by Chris Saunders Park in Umhlanga op 20 November en by Montecasino in Fourways op 26 November plaas.

Dit skep nie alleen bewustheid rondom die kommerwekkende hoë syfers van vroue- en kindermishandeling in Suid-Afrika nie, maar noodsaak ook slagoffers, dié wat slagoffers ken en die wyer publiek om oor te gaan tot aksie daarteen. Hiermee saam samel dit ook broodnodige fondse in vir organisasies wat aktief met mishandelde vroue en kinders werk, so dis ʼn hartsaak – een waaraan duisende mense deelneem.

Kaartjies is beskikbaar by www.sisterswithblisters.co.za. Trek jou hoëhakskoene, pantoffels, bootse of tekkies aan, bring sommer jou honde ook en kom stap die 5km vir ʼn goeie doel. 

 

Website Security Test