Sjokoladeplaatkoekies

440

10 min. + gaarmaak 10 min.
4 plaatkoekies

BESTANDDELE

280 ml eierwit (ongeveer 8 eierwitte) of 4 heel eiers
2 e fyngemaalde vlassaad, opgehoop (ook bekend as vlasblommeel)
1 e amandelmeel, opgehoop
1 e kakao, opgehoop
1 t karamelgeursel
1 t vanillageursel
1 g woestyn- of pienk sout
1 e rou heuning

Vir opdiening:
amandelneutbotter
rou heuning
piesang
amandelvlokkies of -skaafsels
’n sprinkeling kakao

METODE
  1. Plaas al die bestanddele in ’n skommelbottel met ’n balletjie en skud goed vir ongeveer 60 sekondes.
  2. Berei ’n pan voor met kleefsproei en verhit oor matige hitte
  3. Skep die beslag in die pan met ’n eetlepel, ongeveer ’n kwart van die mengsel per plaatkoekie. Bak tot goudbruin en gaar.
  4. Sit voor met amandelneutbotter, rou heuning, piesang, amandelvlokkies en ’n sprinkeling kakao.