Skryf saam met Sorina Erasmus en 300 ander vroue aan die Vroue wat Glo Bybeldagboek

Ons kan leer by Bybelvroue. Wie is jou gunstelingvrou in die Bybel? Met wie vereenselwig jy jou? Driehonderd lesers kry die geleentheid om dít wat hulle by hierdie vroue geleer het, met ander te deel.

Die vroue van die Bybel het met dieselfde dinge as jy gesukkel en soortgelyke emosies beleef. Hulle het ook uitdagings met kinders, die getroude lewe en geld gehad. Daarom is die tema van die Vroue wat Glo-Bybeldagboek: Wat sê die Bybelvroue vir vroue vandag? Daar is 50 vroue uit wie jy kan kies, met wie jy kan identifiseer of by wie jy iets kan leer.

Hoekom moet jy saam skryf?

Die boek bestaan uit dagstukke vir ’n hele jaar, waaraan bekendes soos Liesel Krause-Wiid, Karien Basson, Rouchelle Liedemann en Sorina Erasmus, en 300 vroue soos ek en jy skryf. Kies die storie wat met jou praat, delf ’n bietjie dieper in daardie Bybelvrou se lewe en vertel wat jou inspireer.

Carpe Diem Media, ook die uitgewer van Finesse, publiseer graag jou dagstuk. Dit maak jou lid van ’n uitgesoekte groep wat die geleentheid het om dít wat hulle skryf, in gedrukte formaat te sien. Jy kry boonop die kans om die boodskap wat die Here op jou hart lê, met ander te deel. Hierdie boek word ook na boekwinkels soos CUM-winkels, Bargain Books en CNA bemark en versprei.

Wat kry ek as ek saam skryf?

Ons wil 3 000 Bybeldagboeke druk, wat beteken dat elke skrywer 10 eksemplare ontvang. Jy kan hierdie boeke teen R150 (winkelprys) verkoop, en in plaas van om Kersgeskenke te koop, kan jy ’n Bybeldagboek gee waaraan jy gehelp skryf het. 

Om saam te skryf kos jou R500, wat die 10 Bybeldagboeke (ter waarde van R1 500) insluit. Elkeen wat inskryf, ontvang ook ’n jaar se e-Finesse (digitale formaat) ter waarde van R234. Jy staan ook die kans om ’n MyBoek-selfpublikasiepakket ter waarde van R10 500 by Carpe Diem Media te wen. MyBoek stel jou in staat om enige ander boek wat jy geskryf het, deur ons uit te gee. Ons sal jou volledige manuskrip redigeer, proeflees, uitlê, laat druk, bemark en versprei.

Hoe neem ek deel?

  1. Kliek op voelgoed.co.za/skryf-saam om jou gunsteling-Bybelvrou te kies. 
  2. Betaal R500 (BTW ingesluit). Jy kan dit ook in drie paaiemente betaal.*
  3. Laai jou 400 woorde op voor 30 April op voelgoed.co.za/skryf-saam.
  4. Die Vroue wat Glo-Bybeldagboek verskyn in September.

Inskrywings is ongelukkig nou gesluit.

Website Security Test