Slypskool vir skrywers

Is jy mal oor skryf? Doen jy moeite met jou Facebook-boodskappe of blog jy? Dalk steek jy ’n onvoltooide manuskrip in die kas weg?

Om te skryf is veel meer as om ’n klomp woorde in ’n dokument te tik. Dis terugsit en stilword, en die uiteindelike vloei van gedagtes op die skerm. Vanjaar dek die slypskool vyf genres om 150 aspirantskrywers vir gedrukte en digitale publikasies te help vorm.

In hierdie sewe uur gaan jy beslis nie net skryf nie. Jy gaan kuier saam met ander persone wat jou passie deel, geïnspireer word deur Johann Els, omroeper by Radio Kaapse Kansel, en by gesoute skrywers leer.

Kliek hier en luister na Wanda De Kock-Bam waar sy gesels oor Skryf vir die Gees slypskool.

Kaartjies is ongelukkig uitverkoop.

Meer oor die funksie

HOE KLOP JOU SKRYWERSHART?
WANDA BAM

Jou unieke stem maak jou skryfwerk besonders en elke storie wat jy skryf, het die potensiaal om lewens aan te raak.

Wanda, skrywer en gewilde omroeper by Radio Kaapsekansel, lééf media en gaan die aspirant-skrywers inspireer. Sy bespreek ook verskillende moontlikhede in die media.

lyn_3.png

FEITE VAN FIKSIE
ELSA WINCKLER

Jy het karakters, ’n plek, ’n tyd en ’n boodskap. Jy het ’n storie! Maar hoe sit jy die kleurvolle beelde in jou kop om in swart op wit? Soos ’n lekker sjokoladekoek het ’n storie ook ’n resep, wat allerhande bestanddele soos karakterontwikkeling, skryfstyl, verbeelding en ’n storielyn bevat.

Vir solank as wat sy kan onthou, verslind Elsa Winckler fiksie. Daar was vir haar geen ander opsie as om self te begin skryf nie. Fiksie het later ook geestelike fiksie geword en vandag het sy al 23 boeke op haar kerfstok. In 2010 en 2014 ontvang sy ook die ATKV-Woordveertjie vir beste romanse.

lyn_3.png

SLIM OP SOSIALE MEDIA
GERJO BEN VAN DER MERWE

Sê nou maar jy kon minder tyd aan Facebook en Twitter bestee en meer aan skryf? Hierdie deel van die slypskool delf in die wêreld van blogging en sosiale media en ondersoek nuwe moontlikhede om jou skryfstukke op die internet te laat gons.

Van teoloog tot boer tot besigheidsman en deesdae ’n teerstraatpredikant waar hy God se Woord in vandag se woorde bring. Gerjo Ben van der Merwe staan aan die stuur van www.kruispad.com, waarop hy gereeld blog en e-boeke publiseer.

lyn_3.png

JOU STEM, SY STEM?
JANNIE LE ROUX

Mense dink dis maklik om dagstukkies te skryf omdat dit kort is. Die kreatiewe moontlikhede van hierdie korter tekste is egter eindeloos, om nie die geestelike verantwoordelikheid wat daarmee gepaardgaan, te onderskat nie. Hoe leer ek ander oor die Here? Wanneer is dit ek wat praat en wanneer is dit Sy stem wat deur my praat?

Dr. Jannie le Roux is die skrywer van geestelike boeke, predikant en motiveringspreker. Hy deel graag inspirasie oor RSG en Radio Kaapse Kansel en staan as die “geluksghoeroe” bekend. “Ek dink egter nie ek is ’n ghoeroe nie, maar deel graag wat ek lees oor geluk en vreugde. Gelukkige mense saam maak die wêreld ’n beter plek!”

lyn_3.png

JOU HART IN ARTIKELS
VENESSA SCHOEMAN

Finesse-tydskrif wil Christenvroue bemoedig, toerus en aanmoedig om hulle geloof te lééf. Venessa, redakteur, glo ’n tydskrif is nie net ’n sameflansing van ’n klomp artikels nie. Hoe skryf jy artikels met ’n boodskap?

lyn_3.png

SELFPUBLIKASIE 101
COENIE SCHOEMAN

As daar iemand is wat boeke vandag verstaan, is dit die uitgewer van Carpe Diem Media, Coenie Schoeman. Die uitgewersbedryf het die afgelope paar jaar dramaties verander, wat ernstige aanpassings van die skrywer en uitgewer vra. Selfpublikasie is makliker as ooit, maar watter dinge moet jy steeds in gedagte hou?

lyn_3.png

PROGRAM

08:00 – 08:15        VERWELKOMING - Coenie Schoeman
08:15 – 08:35        Wanda Bam lei in: Hoe klop jou skrywershart? + Kaapse Kansel clip
08:35 – 10:05        Jannie le Roux: Jou stem, Sy stem? (sluit in 15 min bespreking)
10:05 – 10:15        TEEBREUK
10:15 – 11:45        Gerjo Ben van der Merwe: Slim op sosiale media (+15 min bespreking)
11:45 – 13:15        Elsa Winckler: Die feite van fiksie (+ 15 min bespreking)
13:15 – 13:45        MIDDAGETE
13:45 – 14:30        Venessa Schoeman: Jou hart in artikels (+ 15 min bespreking)
14:30 – 15:15        Coenie Schoeman: Selfpublikasie 101 (+15 min bespreking)
15:15 – 15:30        Coenie Schoeman: Wen 'n MyBoek-pakket + bedankings
 

Elke storie wat jy skryf, het die potensiaal om lewens aan te raak.

DATUM: Saterdag 15 Oktober
PLEK: Hoogeind Manor net buite Somerset-Wes
TYD: 08:00 tot 15:30
KOSTE: R400 (was R500) wat 'n ligte middagete en 'n USB-stokkie met e-boek ingesluit (waarde van R5 000) 

Kaartjies is ongelukkig uitverkoop.

 

Aangebied deur Carpe Diem Media,  Radio Kaapse Kansel en Pneumatix.

 

Padkaart
Hoogeind Manor
88 Mondeor Road
Somerset West
7130
S34° 07.169
E018° 53.187

 

 

kommentaar (3)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
Website Security Test