Skryf vir die Gees-slypskool

0
382
slypskool

SATERDAG 18 NOVEMBER- LERIBA LODGE, CENTURION

Finesse se eendagslypskool is ’n moet vir alle voornemende skrywers. Tydens dié opwindende leer-en-kuierdag kry jy al die inligting wat jy nodig het om jou skryftalent te ontwikkel.

Elkeen het ’n storie wat vertel moet word. As jy nog altyd gewonder het wat om met daardie idee in jou kop te doen, hier is jou kans! Die Skryf vir die Gees-slypskool bestaan uit meer as 10 werksessies wat verskillende genres dek – van geestelike fiksie, digkuns en geloofstories tot die doen van blogs en vlogs.

Bekende skrywers soos Stephan Joubert en Liesel Krause-Wiid kleur die dag in en deel hulle wysheid en skryfgeheime met voornemende skrywers. Hulle leer jou hoe om stories lewe te gee en wys ook hoe om blogs en sosiale media te gebruik om ’n suksesvolle skryfloopbaan te begin.

Bekroonde digter en liedskrywer Koos van der Merwe deel sy raad oor alle aspekte rakende die skryf van digkuns en wys jou waar om te gaan soek vir inspirasie. Daar is selfs ’n kreatiewe skryfsessie spesiaal vir tieners, deur Karmen Wiid, wat haar eerste roman op die jong ouderdom van 12 voltooi het.

Tydens die middagete gesels Lynette Beer, skrywer van Watter kleur is jou persoonlikheid? oor wie jý is en wat die verband is tussen jou temperament en jou skryfwerk. As jy reeds ’n idee vir ’n boek het, kom doen ’n voorlegging in die uitgewerslokaal.

Een voornemende skrywer staan die kans om ’n selfpublikasiekontrak ter waarde van
R20 500 te wen met die komplimente van My Boek, ’n afdeling van Carpe Diem Media.

Die slypskool sluit af met ’n heerlike wynproe en akoestiese optrede deur Koos van der Merwe.


Wie tree almal op?

STEPHAN
JOUBERT

LIESEL
KRAUSE-WIID

KOOS
VAN DER MERWE

LYNETTE
BEER


DATUM: Saterdag 18 November
PLEK: Leriba Lodge, Centurion
KOSTE: R395 per persoon (Beperkte plekke beskikbaar!)
TYD: 08:30

Bespreek nou

Finesse-subskripsie (R341.10) ingesluit as jy nóú bespreek!

KLIEK HIER om te bespreek.