Spek-ontbytbakkies

’n Ordentlike ontbyt is ’n maaltyd vir ’n koning. Vergeet vir eers van graankos en gebrande roosterbrood en bederf jou geliefdes dié naweek met ’n behoorlike ete. Soet of sout, hier is iets vir elke smaak.

Genoeg vir 6
Tyd: 25 minute


BESTANDDELE
12-14 stukke rugspek
30 ml botter
10 ml olyfolie
1 ui, dun gesny
250 g sampioene, in skyfies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
6 ekstragroot eiers
hand vol babablare

METODE
1. Verhit die oond tot 180°C en spuit ’n muffinpan met 6 holtes met kleefwerende kossproei. Voer die holtes met die spek uit en maak seker dat die bodem en kante van elke holte bedek is.
2. Verhit die botter en olyfolie in ’n klein kastrolletjie en braai die ui liggies tot sag. Verhoog die temperatuur en voeg die sampioene by. Geur en braai tot goudbruin.
3. Verdeel die sampioenmengsel tussen die 6 spekbakkies. Breek ’n eier in ’n koppie oop en giet dit dan versigtig in een van die holtes. Herhaal met die res van die eiers. Plaas in die oond en bak vir 15 minute tot die eiers gestol het. Strooi die babablare oor en sit voor saam met geroosterde tamaties.

Met komplimente van Food & Home Entertaining en Your Family

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
Website Security Test