Studeer by die huis

studeer tuis

Jy wil graag jouself verryk, maar jy het nie die geld of die tyd om klasse by te woon nie. Danksy die internet kan jy dit nou maklik en gerieflik by die huis doen.

Daar is honderde verskillende kursusse beskikbaar. Sommige is verniet en ander kos geld, sommige is slegs vir selfverryking, maar vir ander kan jy ’n sertifikaat van ’n universiteit kry. Die metode stem ooreen vir almal: Jy kry toegang tot video-lesings en ontvang opdragte wat jy moet voltooi en indien. Net soos op ’n regte universiteit.

1. Weet hoe om jou kind se lewe te red

Die kursus: Basic online first-aid course aangebied deur First Aid For Free

Hierdie webwerf bied verskeie aanlyn noodhulpkursusse aan, waaronder hierdie basiese een. Dit fokus op verskillende mediese noodgevalle en hoe om dit te hanteer. Na elke module sal jy ’n kort toets aflê om jou kennis te toets. Onthou egter dat jy gewoonlik praktiese toetse ook moet doen om gesertifiseer te word, dus is hierdie aanlyn kursus net vir selfverryking.

Prys: Gratis

Vir meer inligting: www.firstaidforfree.com/free-first-aid-course/

2. Leer om soos ’n Franse sjef te kook

Die kursus: French Classics aangebied deur Franck Dangereux vir Yuppiechef se aanlyn kookskool.

Dié kursus leer jou al die geheime van geregte waarvan die meerderheid van jou gaste nie die name sal kan uitspreek nie. Daar is ses lesse wat handel oor op sop, souse, aartappels, pluimvee en biefstuk. Jy kan op jou eie tyd deur die verskillende lesse werk. Yuppiechef se kookskool het ook verskeie ander kursusse waaruit jy kan kies, soos The art of baking of Easy Entertaining.

Prys: R255

Vir meer inligting: www.yuppiechef.com/cooking-school.htm

3. Staan makliker op en sê jou sê

Die kursus: Introduction to Public Speaking aangebied deur die Universiteit van Washington op die Coursera-webtuiste.

By die werk kom jy in verskillende situasies waar hierdie vaardigheid jou kan help, soos voorleggings wat jy moet lewer. Die kursus kan jou ook help om jouself beter uit te druk. Dit is slegs vir selfverryking en jy kan dit op jou eie tyd volg.

Prys: Gratis

Vir meer inligting: www.coursera.org/learn/publicspeaking

4. Om meer kreatief te wees, leer hekel

Die kursus: Free 24 Courses: How to Crochet for Beginners deur The Crochet Crowd op YouTube.

Hierdie kursus is ideaal as jy net ’n nuwe vaardigheid wil aanleer om te ontspan. Dit is so eenvoudig soos 24 video-lesings waarna jy kan kyk. Die lesings fokus onder andere op verskillende hekeltegnieke. So kan jy op jou eie leer hekel.

Prys: Gratis

Vir meer inligting: Besoek The Crochet Crowd se kanaal op Youtube.

5. As jy wil verstaan wat jou huishulp sê

Die kursus: Learn to speak an African language deur Unisa.

As jy ’n paar frases in ’n Afrika-taal wil leer praat, probeer hierdie kursus. Jy kan kies uit Noord-Sotho, Tswana, Zoeloe, Suid-Sotho en Xhosa. Hierdie kursus is net vir selfverryking en jy kan op jou eie werk.

Prys: Gratis

Vir meer inligting: Besoek www.unisa.ac.za/free_online_course/

6. As jy ’n nuwe besigheid wil begin

Die kursus: Start and Manage a Small Business short course aangebied deur die Universiteit van Kaapstad (UK) op die Getsmarter-webwerf.

Jy sal deur dié kursus modules soos besigheidsgeleenthede; besigheidsbeplanning; finansiële bestuur; bestuur en groei volg. As jy die kursus voltooi, sal jy ’n sertifikaat van die UK ontvang. Die sertifikaat word toegeken op grond van die punte wat jy in die weeklikse opdragte behaal.  Dit duur 9 weke.

Prys: R9 000. Daar is ook ’n betalingsplan beskikbaar.

Vir meer inligting: www.getsmarter.co.za of kontak Lyle by enrolments@getsmarter.co.za

7. Verbeter jou kwalifikasie in bemarking

Die kursus: Marketing Short Course aangebied deur die Universiteit van Kaapstad (UK) op die Getsmarter-webwerf.

As jy dalk verdere opleiding in bemarking wil hê, is dié ’n goeie keuse. Dit sluit modules soos marknavorsing, bemarkingstaktiek en -kanale en internetbemarking in. Die fokus is weereens op die aanleer van praktiese vaardighede. Dit duur weke en jy ontvang ’n sertifikaat van die UK as jy dit slaag.

Prys: R10 500

Vir meer inligting: www.getsmarter.co.za of kontak Xiane by enrolments@getsmarter.co.za

Webwerwe soos Getsmarter en Coursera bied ’n groot verskeidenheid kursusse aan. Gaan kyk na al die opsies en jy sal beslis iets kry waarin jy belangstel.

kommentaar (2)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
Website Security Test