Susan Coetzer se eenvrouvertoning

Baie jare se vrouetee’s met tafels vol eetgoed en interessante gaste het gelei tot Susan se eerste eenvrouvertoning van die jaar, Koek en tert.

André Odendaal, regisseur van die lokettreffers As jy Sing en Lien se Lankstaanskoene, sal die regie behartig.

’n Sny koek en tert saam met Susan

Die vertoning is ’n komedie met ’n hart: ontspannende vermaak wat die alledaagse onderwerpe en ontnugterings aanraak waarmee vroue worstel. “Ek wil deur my storievertelling en karakterisering ’n slice of real life na gehore bring en uiteindelik ook ’n boodskap van hoop in elke vrou se hart plaas om haar te inspireer op haar reis deur die lewe,” sê Susan.

Die karakter spring vet weg (weens al die koek en tert!) en word met die verloop van die stuk al hoe maerder. Terselfdertyd skud sy ook innerlike “koek-en-tert”-bagasie af wat die natuurlike “self” bevry.

Sif saam: meel, suiker en ’n bietjie sout…

Dit maak nie saak watter resep jy volg nie, jy het altyd ’n bietjie sout nodig. Susan is bekend vir haar besondere insig in en deernis met vroue. Koek en tert bring ’n spesiale boodskap vir almal van oud tot jonk en in elke uithoek van die samelewing.

lyn_3.png

Koop jou kaartjie vir Koek en tert by voelgoedwinkel.co.za. 

• Sat. 5 Maart - Barnyard Teater, Parkview (Pretoria)
• Sat. 21 Mei - Barnyard Teater, Emperors' Palace (Oosrand)
• Sat. 30 Julie - Barnyard Teater, Cresta (Randburg)
• Wo. 14 September - Kompas Gemeente, Vanderbijlpark

Kaartjie verkope is nou gesluit. Daar sal wel kaartjies by die deur verkoop word.

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA
Website Security Test