Teken in op ons weeklikse Voelgoed nuusbriewe

Daar is ’n oorvloed van inligting op die internet beskikbaar. Dis dikwels moeilik om die koring van die kaf te skei. Nou maak ons dit vir jou maklik – met ons e-nuusbrief!

Ons stuur twee keer ’n week vir jou ’n nuusbrief met nuttige wenke, die beste raad en deeglik nagevorste inligting, eksklusief uitgesoek en byeengebring vir ons lesers.

Daar is ’n verskeidenheid artikels oor geloof, huwelik, ouerskap, gesondheid en skoonheid.
Jy kan ook lees oor bekende persoonlikhede en gewone vroue wat ongewone dinge doen.

Kyk na video-insetsels van onderhoude met bekendes, en
kenners se raad oor ouerskap, geloof, geld en alles tussenin!

Jy word ook in kennis gestel van afslag op boeke, gratis e-boeke en eksklusiewe afslag op funksies.

Skryf sommer nou in en kyk of jy van die nuusbrief hou en jy kry die e-boek Te besig met besigwees? gratis.

 

 

 

  • girla0304

    Geniet artikels baie

  • Retha Calitz

    My 15 jarige dogter, Charné, is op 13 Mei 2005 gediagnoseer met Akute Limfoblasiese Leukemie.

    Nadat daar aan ons verduidelik is dat sy vier sessies van ongeveer vier weke elk se behandeling sou ontvang, is sy op die 16e Mei 2005 opgeneem.  Omdat sy erg anemies was, het sy dieselfde dag bloed ontvang en daarna is daar dadelik met chemoterapie begin.  Daar is vir haar ‘n port ingeplant om die toediening van die chemo en daaglikse bloed trek te vergemaklik.

    Die eerste vier weke se behandeling het na sewe weke eers geeindig. Daar is vermoed dat die kanker na haar longe versprei het en Charne het na ‘n nood longoperasie in intensief opgeeindig en moes van vooraf weer leer loop.

    Omdat soveel tyd verlore gegaan het, het hulle dadelik met die volgende sessie begin en kon sy nie, soos vooraf die plan was, eers vir ‘n week huistoe gaan nie.  Tydens hierdie sessie het daar ‘n abses onder haar port ontwikkel en moes dit onder narkose verwyder word. Dit het beteken dat daar voortaan deur middel van ‘n drip chemo toegedien en bloed getrek moes word. Weereens het vier weke verander in, die keer, agt weke.

    Met die derde sessie het dinge vlot verloop en kon Charne daarna vir die Desember vakansie saam ons see toe gaan en sy het selfs toestemming van die dokter ontvang om die Januarie van 2006 die skool se CSV kamp as leier mee te maak.

    Vroeg in Februarie is Charne weer opgeneem om te begin met die finale sessie en voorbereiding vir die beenmurgoorplanting wat sy van haar ouer suster, Chandré, sou ontvang.

    1 Maart 2006 was die groot dag. Dit was ‘n redelike eenvoudige en vinnige prosedure, maar na dit sou ons moes wag vir haar gestel om die nuwe stamselle te aanvaar sodat ons haar gesond kon huistoe neem.

    Op 22 Maart 2006 is Charne oorlede, nadat sy vir ‘n onverklaarbare rede ernstige breinbloeding opgedoen en breindood verklaar is.

    Dit was ook Chandre se matriekjaar en ek en my man is die 14e Desember dieselfde jaar geskei.

    Vandag, 10 jaar later besef ek dat God nie foute maak nie en dat dit ‘n 16 jarige kind se werk op aarde was om haar ma nader aan Hom te bring. 

  • Website Security Test