Europa toer 2016 saam met Nadia

nadia valvekens

Neem ’n selfie by die Eiffeltoring, smul aan egte sjokolade in Switserland en ry op ’n gondel in Venesië. FINESSE toer na Europa en Nadia gaan saam.

Vir al die girls wat graag die wêreld wil verken, bied ons ’n vrolike reis deur Europa.

Frankryk

Ons land in Parys en skop die toer af in die stad van styl en elegansie. Hier besigtig ons onder meer die Champs-Élysées, die Arc de Triomphe en die Eiffeltoring.

Switserland

Die kronkelpad deur die Boergondië-streek met wingerde sover as die oog kan sien, bring ons in die wonderwêreld van Heidi en Peter! Die grasgroen berghange en die Alpe se sneeuwit pieke is eenvoudig prentjiemooi. Die Kapelbrug en Leeumonument is van die besienswaardighede wat ons besoek.

Italië

Ons vaar met ’n privaat boot na die St. Markusplein in Venesië en besoek ’n tradisionele glasblasery. As jy lus het, kan jy ’n gondelvaart bespreek of aan ’n Italiaanse espresso teug terwyl jy jou aan die mense verkyk.
Daarna wag die kultuurryke Florence op ons. Hier kan jy in die leerwinkels rondsnuffel of die Piazza Santa Croce besoek. Dit sal somer wees, dus ook die ideale tyd om te smul aan gelato – egte Italiaanse roomys.
In die lieflike Rome neem die plaaslike toergids ons na die Colosseum en die St. Petrusbasilika in die Vatikaanstad, wat na bewering die graf van Petrus bevat. Die argitektuur en kuns sal jou asem wegslaan.

Die toerprys is R32 145 wat vlugte, akkommodasie in drie- en viersterhotelle, asook sewe buffetontbyte en drie driegangaandetes insluit.

Skakel Trafalgar by 011 280 8440 om te bespreek of epos reisklub@finessemag.co.za vir meer inligting. Die toer is vanaf 26 Junie tot 3 Julie 2016.

*Die europa toer is slegs vir vroue.

 

kommentaar (2)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
Website Security Test