Varklies met salsa

0
56
vark_resep.jpg

Smul saam aan eenvoudige en maklike, maar lekker geregte wat by almal aanklank sal vind.

BESTANDDELE

1 rooi-ui, in klein blokkies gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny
1 pynappel, geskil, stronk verwyder en in klein blokkies gesny
fyngekapte koljanderblare (opsioneel)
3 e sojasous
sap van een suurlemoen
2 e korrelmosterd
1 e heuning
2 e olyfolie
individuele porsies varklies
1 takkie roosmaryn

METODE

1 Stel die oond op 180 °C.
2 Meng gelyke hoeveelhede van die blokkies ui, soetrissie, pynappel en koljander.
3 Meng die sojasous, suurlemoensap, mosterd, heuning en olyfolie vir die marinade.
4 Rol die varklies in wiele en steek met tandestokkies vas. Vryf goed met die marinade in.
5 Plaas die wiele en roosmaryn in ’n oondbak met die deksel op en bak vir 45 minute.

WENK
Die salsa breek die vetterigheid van die lies en die pynappel komplementeer die varkie. Salsa hou lank in ’n verseëlde houer in die yskas.

Resep is saamgestel uit Sjef Snoekie: Laat die potte sing deur Marlise Scheepers, uitgegee deur Lapa Uitgewers. Dit kos R220.