Vinette Ebrahim se Hoender-briyani

0
173
Vinette Ebrahim

Vinette se karakter, Charmaine, is bekend vir haar Hoender-briyani. Hierdie dis bring die mense van 7de Laan bymekaar soos een groot familie. Probeer dit, dis heerlik.

Vinette se karakter, Charmaine, is bekend vir haar Hoender-briyani. Hierdie dis bring die mense van 7de Laan bymekaar soos een groot familie. Probeer dit, dis heerlik.

‘n Geurige hoender-briyani, soos Charmain van 7de Laan dit maak:

Lewer 6 – 8 porsies

40 ml olie
30 ml brijani masala
2 kaneelstokke
5 steranys
3 kardemonpeule, gekneus
5 ml fyn koljander
5 ml fyn komyn
5 uie, fyngekap
5 cm stuk vars gemmer, geskil en gerasper
3 knoffelhuisies, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
3 ryp tamaties, ontvel en gekap
50 ml gekapte koljanderblare
1,5 kg hoenderporsies in kleiner stukke gesny
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
500 ml water
500 ml rou rys
3 ml borrie
250 ml gaar lensies
Botter

Verhit die olie in ʼn kastrol oor matige hitte en braai al die speserye in die warm olie tot geurig, roer af en toe. Voeg die uie, gemmer en knoffel by en soteer totdat die uie sag is. Voeg die soetrissie, tamaties, koljanderblare en hoenderstukke by en geur met sout en peper. Sit die deksel op en prut 30 minute oor lae hitte.
Verhit intussen die water tot kookpunt en voeg die rys en borrie by en geur met sout. Kook totdat die rys amper gaar is. Roer die gaar lensies by. Voorverhit die oond tot 120 grade C. Pak lae rys en hoendermengsel in groot oondbak en stip met botter tussenin. Maak dig toe en bak 30 – 40 minute. Sit voor met tamatie en uie sambal.

TAMATIE EN UIE SAMBAL:
Kap tamatie, ui en komkommer grof en ʼn brandrissie fyn. Voeg asyn, ‘n titsel suiker en gekapte koljander by en geur met sout en peper.