Voel dit of jy uitrafel?

Ly jy aan negatiewe stres?

Hoewel ’n bietjie stres jou beter kan laat presteer, is negatiewe stres nie jou speelmaat nie. Hy kom maak hom in jou liggaam tuis – en dokters is mal daaroor. Soos die stres in jou liggaam groei, groei hulle bankrekeninge.

Waar voel jy dit in jou liggaam? In jou rug, nek, dikderm of aan jou hartklop?

Stres jy sodra jou lewe nie volmaak is nie? Die fotostaatmasjien pak op ... die bus is laat ... jou kollega is in ’n slegte bui ... ’n ander motoris ry voor jou in ...

As enige van hierdie dinge jou dag bederf, dink vir ’n oomblik hieroor na: Hoekom sien jy nie hierdie dinge vir wat hulle is nie – losstaande, onbenullige voorvalle – en beweeg aan? Hoe belangrik is hierdie dinge regtig in jou lewe? Dit is ideale geleenthede om positiewe denke te oefen! Is dit ʼn belangrike voorval? Sal dit my toekoms verander? Indien nie, hoekom sal ek energie daarop vermors?

Identifiseer jou stressnellers en wees voorbereid. Volgende keer as hulle opduik, plaas hulle in perspektief: “Hierdie is bloot ’n oomblik in my lewe, nie my hele lewe nie.”

Kies geluk as jou voertuig en nie as jou eindbestemming nie.

Website Security Test