Vreesloos!

  • Een-een is vroue ongelooflik, maar saam kan hulle berge versit. Saam met Lukas Korff (wêreldrekordhouer) daag Lindie Strydom en ander bekendes jou uit om jou grootste prestasie nóg te bereik!

Voluit en vreesloos!

Klein jakkalsies maak dat ons al hoe minder in onsself glo, minder dinge aanpak en die vuur in ons harte blus. En ons beland in ’n gemaksone - en bly daar.
Wil jy stagneer? Wil jy tevrede wees met ’n doodgewone lewe, ’n ongesonde leefstyl en aanpas by alles en almal om jou?

Verander hoe jy die lewe sien, want dit bepaal wat jy daaruit gaan kry! Die lewe is te kort om nié elke dag vreesloos te leef nie.

Feature

Lukas Korff (wêreldrekordhouer en persoonlike afrigter) staan vir Jesus

Nadat Lukas Korff se vrou oorlede is, was hy depressief en wou in ’n stadium selfs sy lewe beëindig. Toe vra een van die skoolkinders wat by hom oefen hoekom hy nie self doen wat hy vir hulle leer nie. Hoekom staan hy nie op nie?

Die twaalfjarige het hom aangemoedig om ’n wêreldrekord aan te pak - en hy het dit gedoen! Hierdie prestasie het Lukas se hele lewe verander en sy I stand for Jesus-bediening aan die gang gesit.

Vandag is hy ’n evangelis, wêreldrekordhouer, persoonlike afrigter en motiveerder. Hy glo dat jy enige dag kan opstaan en besluit om te GROEI en die vuur in jou lewe terug te kry.

’n Boks- en fiksheidsroetine wat jou lewe verander

Lukas het op die boksroetine deur Floyd Mayweather, die beste bokser ter wêreld, besluit. Dié ritmiese roetine, naamlik die Catch 12-kombinasie, bestaan uit 66 houe, 12 blokke (catches), drie koesaksies en een kragstoot.

Dit is ook ’n vorm van selfverdediging, wat gewone vroue buitengewone dinge laat doen. Dit bemagtig vroue net soveel as wat dit hulle fiks maak en beskerm.

“So, as jy een van die dapperste dinge in jou lewe wil doen, skryf in vir hierdie uitdaging! ”

(Sien video regs.)

Lindie Strydom en ander se uitdaging vir 1 000 vroue en kinders

Lindie Strydom, Mandi Baard en Clarice Pieterse, wat Lukas se visie deel, het ’n uitdaging vir vroue. Oefen die boks- en fiksheidsroetine saam met Lukas en sy span en verander jou liggaam én gees! Hiérdie oefening spreek die 4 g's aan:

  • GROEI

    Onthou jy wie jy is? Onthou jy Wie s'n jy is? Jy is gemaak vir soveel méér as dit waarmee jy tevrede is en jy enige dag kan opstaan en besluit om te GROEI en die vuur in jou hart terug te kry.

  • GESOND

    Lukas fokus op ’n leefstylverandering wat jou GESOND, fiks en sterk laat voel. “Daar gebeur iets met ’n vrou wanneer sy saam met ons oefen. Haar lyf vorm nie net nie. Daar breek iets uit haar hart los wat haar hele lewe verander,” sê Lukas.

  • GESIN

    Hierdie uitdaging versterk ook die bande in ’n GESIN, want dis ’n heerlike saamdoen-aktiwiteit. Daag jou kinders of familie uit om saam te oefen en die pret te deel!

  • GELOOF

    GELOOF vorm die basis van jou groei, gesondheid en gesin. Glo dat jy méér kan wees as wat jy nog altyd gedink het en dat daardie vuur in jou hart met ’n doel daar aangesteek is.

bekendes

Hoe die Vreesloos!-uitdaging werk...

WAAR

As jy in Pretoria of in die Wes-Kaap bly, kan jy een maal per week by die volgende venues saam oefen:
• Lewende Woord, Centurion
• Durbanville Konferensiesentrum
Dit is natuurlik belangrik om gedurende die week ook op jou eie te oefen.

WANNEER

Jy oefen vir drie maande elke Sondagmiddag (Sondag 26 Maart tot Sondag 11 Junie), telkens van 16:00 tot 17:00.
In Pretoria kry jy die geleentheid om saam met Lukas, Lindie, Mandi en Clarice te oefen.

BY DIE HUIS

Lukas en sy span sal vroue in Pretoria en Durbanville by ’n lokaal afrig en die oefening sal regstreeks uitgesaai word vir almal wat nié in die Pretoria of Wes- Kaap-omgewings woon nie. Elkeen wat inskryf, sal ’n skakel na hierdie uitsending ontvang. Indien die tyd van die regstreekse uitsending jou nie pas nie, kan dit later gekyk word.

WÊRELDREKORDPOGING

Ons oefen vir ’n wêreldrekord! Ons wil soveel moontlik vroue vir 30 sekondes die boksroetine laat uitvoer.
Dié wêreldrekordpoging vind plaas op Jeugdag (Vrydag 16 Junie) in Pretoria en Durbanville.
As Guinness die wêreldrekord aan ons toeken, sal elke deelnemer ’n afskrif van die sertifikaat ontvang.
KLIEK HIER om in te skryf vir die wêreldrekordpoging.

SKRYF IN

Skryf jouself, en jou kinders of vriendinne in, sodat julle betyds is om 26 Maart te begin oefen.
Slegs R100 per persoon, as jy by Lewende Woord, Centurion en Durbanville Konferensiesentrum oefen of as jy by die huis saam oefen.
Inskrywings is nou gesluit.

TEN BATE VAN...

Finesse wil saam met Lukas een miljoen Red Letter-oudio-Bybels vir kinders uitdeel. Jou deelname verbeter dus nie net jou eie lewe nie, maar help ook vir Lukas om kinders van Jesus te vertel.

 
Vreesloos Wêreldrekordpoging
  • Wat: ’n Guinness Wêreldrekordpoging vir die meeste mense wat ’n skaduboksroetine in die buitelug uitvoer.
  • Wanneer: Vrydag 16 Junie
  • Registrasie: 08:00
  • Kort klas: 09:00
  • Wêreldrekordpoging: 10:00
  • Koste: Nuwe deelnemers: R50 per persoon | Toeskouers: gratis
  • Ouderdom: 5 tot 50 jaar