Bekommerd

Om oor iets bekommerd te wees is nie die probleem nie. Die plek wat bekommernis in jou lewe inneem is die regte sondebok.

Ons almal worry oor een of ander iets van tyd tot tyd. Want ons weet nie wat môre gaan gebeur nie. Ons is eintlik bang ons kry seer.

As ons bekommerd is oor iets beteken dit dalk dat ons nie gereed voel vir ’n sekere situasie nie. Want ons voel nie in beheer nie. Op hierdie punt neem jou emosionele brein oor en jy ervaar al die negatiewe gevoelens wat slegte stres en angstigheid veroorsaak.

Moenie toelaat dat jou bekommernisse groter word as jou geloof in God nie. Jesus sê jy moet eers kyk na wat reeds in plek is. As jy byvoorbeeld na ʼn blom kyk kan dit jou herinner dat God in beheer is. Jy kan jou bekommernis na Hom toe bring en vertrou dat Hy vir jou sal sorg, self beter as wat Hy vir die blomme sorg.

Is daar iets wat jy behoort te doen? Praat net met God oor jou probleem. Besluit dan om te doen wat jy kan deur Jesus wat jou die krag gee. Dit wat jy nie kan verander nie, sal God hanteer of jou help aanvaar. Dit wat jy wel kan verander, sal God jou mee help.

Vra jouself hoekom jy bekommerd is. Vra jouself die vraag ’n paar maal. Want, dit is die eintlike rede waaroor jy met God moet gesels.