Jou eerste vyf minute van elke dag

Liesel Krause-Wiid se app vir jou slimfoon, Eerste5, is spesifiek ontwerp om vroue te help om stiltetyd ’n prioriteit te maak.

Party oggende het jy regtig nie eers tyd om ontbyt te eet nie, wat nog van stiltetyd hou. Moenie moedeloos raak as jy nie ’n halfuur of ’n uur opsy kan sit vir jou stiltetyd nie. Dis nie altyd die hoeveelheid tyd wat jy spandeer nie, maar die gehalte van jou tyd wat saak maak.

Wat dit uniek maak, is dat dit ’n oudio-opname is van sowat 4 minute lank. Jy lees die Bybelvers, luister daarna na die oordenking en doen dan self ’n gebed. Dit alles neem jou slegs vyf minute! Jou eerste vyf minute van elke dag, spesiaal vir God.

Jy kan na die oordenking luister by die huis waar jy koffie drink, vroegoggend by die kantoor, of sommer in die motor op pad werk toe of terwyl jy aantrek. Die app het ook ’n ingeboude alarm wat jy kan stel vir ’n tyd wat jou pas.

Liesel moedig vroue aan om die eerste vyf minute van elke dag aan God te wy, en die Een wat jou lewe in Sy hand hou, beter te leer ken. Die oordenkings dek ’n verskeidenheid onderwerpe en help jou om alledaagse frustrasies, vrees en onsekerheid te hanteer.

Al wat jy nodig het, is ’n slimfoon - vir geestelike inspirasie waar jy ook al is!

Ek nooi jou om die eerste vyf minute van elke dag aan God te wy, en die Een wat jou lewe in Sy hand hou, beter te leer ken. Jy kan na die oordenking luister by die huis waar jy koffie drink, vroegoggend by die kantoor, of sommer in die motor op pad werk toe of terwyl jy aantrek. - Liesel Krause-Wiid

Koop die eerste 5-app teen slegs R100, en kry dan ’n hele jaar se oordenkings waarna jy elke oggend (Maandag tot Vrydag) kan luister. KLIEK hier.

lyn_3.png

Luister ook Donderdag oggende om 07:15 na Liesel op Radiokansel 657AM. Dit is AM, nie FM nie, so maak seker jy druk die AM/MW knoppie op jou radio en kies dan 657.

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA