Vroue Wat Glo Kersviering 2016

SATERDAG 19 NOVEMBER, NG KERK VREDELUST, BELVILLE. TYD: O9:00 - 13:00

Kersfees is met allerlei klanke gevul: klokkies klingel, geskenkpapier skeur, kinders lag terwyl hulle met die geskenke speel...

Die skaapwagters het op Kersnag ook verskillende klanke gehoor. Dalk het hulle met mekaar gesels of gehoor hoe ’n lammetjie vir sy ma blêr. Skielik het daar ’n engel verskyn met die Grootste Nuus van alle tye, gevolg deur ’n engelekoor wat sing: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het!”

Alle Kersklanke is spesiaal, maar niks kom by die klanke van lofprysing wat die skaapwagters daardie nag in die veld gehoor het nie.

Die Vroue Wat Glo-Kersviering gaan jou ore weer op God se frekwensie instel. Liesel Krause-Wiid, Karien Basson en Wanda Bam lei die program, met sprekers Koos van der Merwe (Stille klanke: Die dieper redes van Kersfees) en Tracey Lange (Ere aan God wanneer dit swaargaan). Soos die engelekoor van daardie nag, gaan ons God se lof besing saam met Heinz Winckler. Die Vroue Wat Glo-Kersviering word saam met Radio Tygerberg aangebied.

Kaartjies is ongelukkig uitverkoop.

lyn_3.png

Wie gaan daar wees?

KOOS VAN DER MERWE HEINZ WINCKLER TRACEY LANGE
LIESEL KRAUSE-WIID WANDA BAM KARIEN BASSON

 

lyn_3.png

TYD: O9:00 - 13:00 (REGISTRASIE VANAF 07:30)

Kaartjies is ongelukkig uitverkoop.

Kliek hier vir ons Vroue Wat Glo se Dankie, Here-geleentheid se foto's.

 

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.