Omgee Wat Aangee

 
GEE OM. GEE AAN. GEE HOOP.

Ons VISIE

Om ‘n platvorm te skep waar mense wat in nood is, en mense wat het om te gee, bymekaar uitkom.

lyn_3.png

Ons WAARDES

Omgee Wat Aangee…

  • het die opregte begeerte om behoeftiges in hulle nood te help
  • maak staat op mense se eerlikheid en integriteit
  • respekteer die waardigheid van mense wat in nood is
  • is deursigtig, deur dié wat ontvang en dié wat gee, se name te wys

     

lyn_3.png

HOE die webblad werk

1.    As jy ‘n item nodig het óf wil gee, gebruik die soek-opsie (kategorie, item of dorp) om te sien of die spesifieke item reeds onder die GEE-lys of die WENS-lys is.

2.    As die item reeds gelys is, kan jy op die spesifieke item kliek om met die persoon wat gee óf die persoon wat iets nodig het, kontak te maak.

3.    Indien die soek-opsie niks oplewer nie, kliek op ‘Lys WENS-item’, om te lys wat jy nodig het óf op ‘Lys GEE-item’ as jy iets wil gee.

4.    Vul jou besonderhede soos naam, ID nommer, dorp, telefoon, ensovoorts in (om vir almal ‘n ‘veilige’ platvorm te skep).