Saam vir Jesus! - vrouekonferensie

Wanneer 1 000 vroue wat glo uit 100 gemeentes saamkom rondom Jesus, is daar enorme krag!

Daar is baie dinge wat ons verdeel. Ons stry met mekaar, lewe met stilstuipe, bly soms onnodig kwaad en hou nie altyd van mekaar se andersheid nie. Selfs kerke sit nie aldag langs dieselfde vuur nie! Verdeeldheid is egter nie iets wat Jesus aanmoedig nie. Hy het geleer en gebid dat ons een moet wees – een familie wat almal Hom gemeen het.

Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. - Kolossense 3:14

Vroue Wat Glo kom saam rondom Jesus

Luister sáám na Stephan Joubert oor wat Kolossense ons leer. Dit is tyd dat ons ophou om vinger te wys na mekaar en omstandighede te blameer en eerder kyk na die Een wat die ware rigting bepaal, die Een wat ons saambind. Ons is een in Christus en kan nie toelaat dat die boodskap van God se liefde vir almal in die geraas verlore raak nie.

Sáám met Liesel Krause-Wiid gaan ons ’n bietjie selfondersoek doen en sáám bid oor daardie dinge in ons lewens wat ons verdeel. Jy kan eers volkome vrede en geluk ondervind wanneer Jesus in beheer van elke aspek van jou lewe is. Wat is daardie ding wat jy dalk al jare met jou saamdra wat maak dat jy vooroordele het en mense wantrou? Wat beteken dit om jou vyand lief te hê? Dis maklik om jou vriende lief te hê, maar dis wanneer jy dié liefhet wat nie soos jy is nie dat die wêreld regop sit.

Elke vrou het ’n unieke storie. Dink na oor jou lewe – daar is stories van suksesse en stories van teleurstellings. Tog is al daardie stories ingeskryf by God se storie; Hy sien altyd die groter prentjie! Ons getuig saam met Jenna-Leigh Bilong oor die stories wat ons saambind en gesond maak, en praat ’n bietjie oor die stories wat ons verdeel.

Musiek is die taal wat almal verstaan. In die loop van die program gaan ons God se Naam loof en prys saam met Anders.

Die hoogtepunt van die oggend is waar ons vir die hele wêreld wys hoe ons sáámstaan! ’n Duisend vroue gaan ’n kruis uitspel, wat met ’n drone uit die lug afgeneem word. Daar is ’n groot krag in saamwees. Met hierdie konferensie wil ons ’n stroom begin met vroue wat daarna terugkeer na hulle huis, werk en vriendekring met veranderde harte. Staan op en staan saam vir Jesus!

DATUM: 20 Mei
PLEK: Lewende Woord,  Centurion
KAARTJIES: R150 (i.p.v. R200 indien jy voor 31 Maart bespreek)

GROEPSBESPREKING: Betaal slegs R300 vir 2 kaartjies spaar R100.
Betaal slegs R500 vir 5 kaartjies spaar R500.
KERKE: Betaal slegs R1 000 vir 10 kaartjies spaar R1000.

lyn_3.png

Wie tree almal op?

MYAN SUBRAYAN STEPHAN JOUBERT
 
LIESEL KRAUSE-WIID
 
JENNA-LEIGH BILONG
 
ANDERS  

lyn_3.png

Bespreek nou

Slegs R150 p.p. (i.p.v. R200) indien jy voor 31 Maart bespreek.

KLIEK HIER om jou kaartjie te bespreek.

GROEPSBESPREKING: Betaal slegs R300 vir 2 kaartjies spaar R100.
Betaal slegs R500 vir 5 kaartjies spaar R500.
KERKE: Betaal slegs R1 000 vir 10 kaartjies spaar R1000.

 

Saam vir Jesus word in samewerking met Radiokansel aangebied.