Soek jy na ander se goedkeuring?

Liesel Krause-Wiid

Geloofskenner: Liesel Krause-Wiid

lyn_3.png

GRATIS

Vroue soos Liesel Krause-Wiid, Natasha Joubert, Liza Brönner, Cordelia en ander gewone vroue wat glo skryf saam om jou weer die lewe se lekker kant te wys. Kliek hier en laai die e-boek, Leef, Lag en Loof! gratis af. Gebruik die afslagkode LLL16. Aanbod geldig tot 11 September.

lyn_3.png

Voel jy verantwoordelik vir ander mense se geluk? Of skuldig as jy vir iemand nee sê? As jy sukkel om grense te stel en bekommerd is oor ander se opinie oor jou, is jy waarskynlik ’n people pleaser.

Ons het almal die behoefte om aanvaar en liefgehê te word, maar soms dink ons ons moet ander gelukkig hou anders gaan hulle ons verstoot. Natuurlik moet ons ander help waar ons kan, maar as jy altyd instem ten koste van jouself, kan jy maklik stoom verloor.

Jy het net een Persoon se goedkeuring nodig

Ons is geneig om mense te probeer beïndruk, eerder as wat ons vir God tevrede wil stel. Dit gebeur dikwels dat die einste mense wat ons so graag gelukkig wil hou, ons later begin misbruik. Die respek wat jy graag by hulle wou hê, kry jy nie.

Die Bybel sê ons moet ons prioriteite regkry. Op die ou end het ons net die goedkeuring van een Persoon nodig. Ons sal eendag net aan Hom verantwoording moet doen vir ons besluite. Jy is kosbaar vir Hom, met of sonder die applous van die wêreld.

Om gedurig ander mense gelukkig te wil hou kan jou emosioneel uitput. Dit stel jou ook bloot aan onnodige stres en angstigheid. Jy kan nie ander gelukkig maak nie. Jou pogings gaan waarskynlik nie ’n verskil aan hulle ongelukkigheid maak nie. Hulle sal self by die Bron van ware geluk en lewe moet inskakel.

Jy kies hoe jy jou tyd en energie bestee

Evalueer gereeld of jy jou tyd reg bestee. Tyd is die kosbaarste kommoditeit wat jy het. Vra vir goddelike wysheid en insig om genoeg tyd te maak om stil te word, tyd te maak vir jou geliefdes, jouself, jou loopbaan, jou kerk en jou gemeenskap. En dink hoe jy vandag gebruik kan word om iemand anders se lewe te verryk.

Ons dink soms dat om ’n goeie mens te wees beteken om ander heeltyd tevrede te stel. Besluit om vandag minder te doen, maar om dit beter te doen. As jy op minder take fokus, kan jy dit beter uitvoer as wat jy alles probeer doen om almal gelukkig te hou, maar op die ou einde doen jy alles half.

Jy kan vir niemand iets beteken as jy uitgebrand en depressief is nie. Gebruik dus jou godgegewe talente en gawes om Hom te eer. As jy dit doen, kry jy sommer meer energie en krag om ’n verskil te maak.

Ek wonder hoeveel dinge ons anders sou gedoen het as ons nie omgegee het wat ander van ons dink of sê nie... Ons lewens sou beslis minder gekompliseerd gewees het.

Kliek hier om gratis te luister na een van Liesel se oudio boodskappe.

Jy mag nee sê, maar met die regte gesindheid

Onthou, elke ja vir iemand anders is ’n nee vir jouself en jou gesin. Natuurlik moet ons help waar ons kan, maar jou eerste bedieningsterrein lê by jou en jou gesin. En as jy uitgebrand is, kan jy nie veel vir ander beteken nie.

Leer om te prioritiseer en op ’n mooi manier soms nee te sê. Dink eers oor ’n saak as iemand jou vra om iets te doen voordat jy instem. As jy twyfel, kan jy antwoord: “Laat ek dit eers met my man bespreek.” Jy hoef nie dadelik te antwoord nie. Jy mag eers die gevolge van jou keuses oorweeg. As die persoon dadelik ’n antwoord wil hê, sê nee. Jy kan altyd later weer help. Vra jou ook af wat jy moet opgee om die taak aan te pak en of dit die opoffering werd is.

As jy nee sê, doen dit met empatie. Plaas jouself vir ’n oomblik in die ander persoon se skoene en sê dat jy verstaan, maar dat jy ongelukkig nie kan help nie. Moenie te veel verduidelikings vir jou antwoord gee nie. Doen dit sag maar ferm en in liefde. ’n Ware vriend of vriendin sal jou nee aanvaar en respekteer.

Jou eiewaarde hang nie af van wat jy vir ander doen nie. Jou waarde en identiteit is in Christus. Stem volgende keer in om iets te doen, nie om die wêreld te beïndruk nie, maar omdat jy weet dit sal jou Vader laat glimlag. Dit is uiteindelik net Sy goedkeuring wat hier op aarde tel.

lyn_3.png

KOOP AANLYN

Moeg gejaag? Mis jy God se stilte, maar kry nie tyd vir Bybelstudie nie? Die Eerste 5-toep (app) help jou om weer beheer oor jou geestelike lewe te kry.

Kliek hier en laai Liesel Krause-Wiid se toepassing (app) vir jou slimfoon af. Slegs R100 vir 'n jaar se oordenking.

 

lyn_3.png

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA