Vergifnis is ’n keuse

Liesel Krause-Wiid

Geloofkenner: Liesel Krause-Wiid

lyn_3.png

GRATIS E-BOEK

Gered deur genade

In Gered deur Genade deel 50 Radio Kansel luisteraars hulle stories van genade met jou! Jy sal nooit weer kan twyfel nadat jy hierdie stories gelees het nie.

Kliek HIER en laai hierdie e-boek GRATIS af.

lyn_3.png

Bitterheid en onvergewensgesindheid steel by jou... Dit beroof jou van vreugde en lewenslus en strem jou geestelike groei. Dit kan jou lewe en gedagtes oorneem.

Het jy geweet onvergewensgesindheid kan jou bloeddruk en jou hart aantas? Bitterheid kan jou ’n aggressiewe mens maak. Buitendien, as jy nie wil vergewe nie, benadeel jy net jouself. Die ander persoon gaan doodluiters aan met sy lewe. Dis net jy wat nie vry is nie, omdat jy nie vergewe nie...

Om te vergewe is ʼn reis saam met God

Daar word vertel van drie Amerikaanse veterane wat voor die Viëtnamese Oorlogsmonument in Washington gestaan het. Hulle was al drie oudkrygsgevangenes wat in Viëtnamese tronke mishandel is. Die een veteraan vra toe vir die ander twee: “Het julle dié wat julle gevange gehou het, al vergewe?” Een van die oudsoldate roep uit: “Ek sal hulle nooit vergewe nie!” Die derde soldaat sê toe: “Maar dan lyk dit vir my asof jy steeds in hulle tronk sit, nie waar nie?” Hoe langer ons bitterheid koester, hoe sterker skiet dit wortel.

Natuurlik is dit nie maklik om te vergewe as iemand jou seergemaak het nie, maar met die hulp van Bo is dit moontlik. Ons almal begaan foute, dis menslik, maar om te vergewe is goddelik. Dit is ’n voortdurende positiewe hartsgesindheid, ’n reis wat jy nie sonder jou hemelse Vader kan aanpak nie.

Om nie te vergewe nie is soos om gif te drink en te hoop die ander persoon word vergiftig. Dit beïnvloed net jou eie lewenskwaliteit en potensiaal. Ongelukkig is pyn deel van hierdie gebroke wêreld. Moenie in jou bitterheid wegdraai van God af nie. Vertrou Hom.

[VIDEO] Ek wil 'n verskil maak. Wanneer jy jou passie najaag, loop jy dikwels in jou doel hier op aarde vas!

Kies elke dag wysheid en vergifnis bo bitterheid

Dink aan Josef se verhaal. Sy broers verkoop hom en so steel hulle 22 jaar van sy lewe, wat hy as slaaf moes werk en later in die tronk moes deurbring. Hy kon uit bitterheid en onvergewensgesindheid weggedraai het van God, maar hy doen dit nie. Hy draai nooit teen Hom nie en doen en werk voort na die beste van sy vermoë. Later word hy as onderkoning van Egipte gekroon.

Josef erken dat hy midde-in sy hartseer insig gekry het om so na sy lewe te kyk. Dit wat met Josef gebeur het, word vir ’n hoër doel gebruik. Hy red Israel van ’n gewisse hongersnood.

Om te vergewe is nie ’n proses wat oornag gebeur nie! Vergifnis is ’n voortdurende proses, jy sal oor en oor moet kies om te vergewe. Jy gaan daardie persoon wat jou seergemaak het, dalk weer raakloop en dit gaan ou wonde oopkrap. Dan kies jy weer vergifnis.

Dit is ’n keuse. Neem vandag die besluit en word vry van die kettings wat jou bind. Ons het die vermoë om te kies, en Hy help ons ook om die regte keuses te maak. Dit wat jy kies, beïnvloed immers jou lewenspad.

Josef kon gekies het om te gaan lê en verbitterd in slawerny te leef. Dit sou beteken het dat hy nooit onder die farao aangestel sou gewees het nie. Maar hy kies om beter te word en nie bitter nie.

Jy moet die waarheid in die oë kyk

Of jy geestelik en emosioneel gesond is, hang af van waar jy jou krag vandaan kry. Dit hang daarvan af of jy wysheid najaag en jou deur die Gees laat lei. Josef het genade gekies – die genade wat elke môre nuut is.

Omdat ons gehoorsaam wil wees, moet ons vergifnis kies. Dit beteken egter nie jy moet aan geheueverlies ly nie, inteendeel, soms moet jy juis die waarheid in die oë kyk, want die waarheid maak jou vry! Vergifnis beteken ook nie jy moet nou vriende wees met die een wat jou seergemaak het nie.

Vergifnis is ʼn Bybelse opdrag wat jou sal vrymaak sodat jy ligvoets deur die lewe kan gaan. Jou Vader wil hê jy moet gelukkig wees. Jy sal nooit gelukkig wees as jy verbitterd is nie. Kies die pad van wysheid! Jy gee dalk nou een tree vorentoe en oormôre weer drie treë agteruit, maar dis die moeite werd.

Moenie dat onvergewensgesindheid jou vreugde steel nie. Nee wat, die lewe is heeltemal te kort daarvoor.

lyn_3.png

KOOP AANLYN

Die dood en die lewe hierna

DR. ISAK BURGER is ’n kerkleier, prediker, gesinsman en veral iemand wat Jesus Christus liefhet en verkondig. Een van sy grootste vreugdes as skrywer is om te hoor hoe  mense vrede vind deur sy boeke. Hy skryf met passie omdat hy die hel armer en die hemel ryker wil maak. Kliek hier om die boek te bestel.

Jy spaar 30% en betaal slegs R100. Aanbod geldig tot 10 April.

lyn_3.png

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA