Wat regtig saak maak

Ons leef in resultaat-georïenteerde tye, beide in ons werks – en persoonlike lewens. Baie van ons bevind dat ons geluk te afhanklik geraak het van ‘n uitkoms in plaas daarvan om net die oomblik te geniet.

In vandag se tyd, dink ek te min mense besef wat hul werklik het.

Die meeste mense wil nie die hele dag sit en niks doen nie. Ons het hoop en drome, doelwitte en ambisies in die lewe.  Van ons wil bydra tot die wêreld, dit ‘n beter plek maak vir almal. Vir die meeste van ons is die vooruitsigte om ons lewens te verbeter, om die beste van ons situasies te maak en dankbaar te wees vir wat ons het, en vir ander mense is dit net die teenoorgestelde.

So, wat is regtig belangrik in die lewe?

Ons kosbaarste besittings is nie on slimfone, televisies, splinternuwe motors of selfs ons groot en indrukwekkende huise nie. Ons kosbaarste kommoditeite kan nie by die bank gevind word nie. Hulle kan ook nie aanlyn bestel word nie.

Die waarheid is… hulle is op ‘n baie kort lys.

Onder ons kosbaarste besittings is ons doel, tyd, gesondheid en ons verhoudings.

Doel

Ons doel is ons waarom, dit wat ons bymekaar hou wanneer die lewe moeilik raak. Dit dryf ons aksies. Dit brand ons passie. Ons doel behels ons werk, ons verhoudings en ons benadering om ons lewens te leef. Dit draai om alles wat ons doen. Ons doel gee ons lewens ekstra betekenis en rykdom.

Tyd

Ons het almal dieselfde aantal ure in ons dag. Waarom hardloop sommige van ons rond, kla ons “het nie tyd nie”, terwyl ander die lewe in ‘n ontspanne en gelukkige toestand geniet.

Alhoewel ons almal verantwoordelikhede en verpligtinge het, kom dit dikwels neer op keuses. Baie van ons maak daagliks swak keuses oor hoe ons, ons tyd spandeer.  Tyd is ‘n eindige hulpbron. As jy dit een keer spandeer het, is dit weg.

Ons kan nie tyd kry nie, maar ons kan selektief en opsetlik wees met die tyd wat ons het. In plaas daarvan om in beheer van ons kalender te voel, kan ons beheer neem deur te sê “JA” vir minder en die wit spasies in ons dagboek te waardeer. Ons kan ons kosbare tyd beskerm vir die aktiwiteite en mense wat ons lewens die meeste betekenis en vreugde gee.

Leer om balans te hê, maak tyd vir werk, plesier en vir jouself.

Tyd is kosbaar, mors dit wys!

Gesondheid

So baie van ons neem ons gesondheid vanselfsprekend totdat ons ‘n rede het om nie. Ons verwaarloos oefening en wonder dan hoekom ons liggame kla as ons trappe moet klim. Ons verwaarloos ons geestesgesondheid en wonder dan hoekom ons altyd gestres is.

Ons kan gawer wees met onsself, laat jouself toe om so nou en dan te rus en asem te haal.

Ons kan gereelde oefening in ons lewens byvoeg. Ons kan stap, draf, yoga doen, dans en so kan die lys aangaan. Ons liggame is gemaak om te beweeg, nie om heeldag voor ‘n skootrekenaar of televisie te sit nie. Omhels die vermoë om te beweeg en gee om vir jou liggaam.

Omgee vir jou verstand is net so belangrik as omgee vir jou liggaam. Nie net sal jy langer lewe nie, maar jy sal beter lewe. Ons geestesgesondheid is ‘n belangrike deel van ons daaglikse lewens, wat ons onverdeelde aandag verdien.

Wees versigtig met jou gesondheid, luister na jou liggaam en sy behoeftes. Ons gesondheid speel ‘n belangrike rol in ons lewens.

Verhoudings

Ek weet nou nie van jou nie, maar ek het al deur my hele lewe te veel energie vermors en bekommernis oor ‘n hele klomp mense, wat aan die einde van die dag werklik geen beduidende invloed het op my vermoë om te leef nie.

Of dit die persoon is wie jou parkeerplek gesteel het, die laaste snytjie koek gekoop het, onregverdig behandel by die werk, of ‘n vriend wat jou nie waardeer nie. As jy jouself die vraag vra: Waarvoor wil ek lewe? Hierdie mense sal nie op die lys wees nie.

By wie draai jy as die “paw paw” die waaier tref? En beter nog, by watter groep mense kan jy op staat maak wanneer dit moeilik gaan?

Ons moet weet wie werklik daar is vir ons en seker maak dat ons ook daar is vir hulle. Omring jou met die mense wat soos sonskyn voel, wat moeite doen, wat jou passie vir die lewe raaksien, jou ondersteun en spandeer tyd met mense wat die lewe betekenis gee. Waardeer die mense wat jou lewe makliker maak.

Wat is die dinge wat die meeste vir jou saak maak?

Wanneer die tyd vir jou sal kom om hierdie wêreld te verlaat, en jy terug kyk in die lewe, sou jy spyt wees om nie meer geld te verdien en meer dinge op te bou nie, of sou jy spyt wees om nie meer tyd saam met jou geliefdes te spandeer nie?

Gee aandag aan die dinge wat noodsaaklik is vir jou geluk.

Die lewe is kort, fokus op wat regtig saak maak en laat gaan wat nie belangrik is nie!