Wonderlike reën

Dit het in groot dele van die land heerlik gereën die afgelope twee dae.

Dit was wonderlik om die reën so te hoor val op die dak, of buite te gaan staan en te sien hoe dit neersif op die aarde. Vandag is alles groen en skoon gewas. In Deut 28:12 lees ons: “Die Here sal sy goeie voorraadskuur, die hemel, vir jou oopmaak om vir jou land reën te gee op die regte tyd, om alles wat jy doen, te seën.” Die Bybelse mens het natuurlik nie die kennis gehad wat ons het oor hoe reën ontstaan nie. Vandag kan ons presies verduidelik hoe die El Niño and La Niña stelsels werk en hoe dit kan maak dat die reën wegbly of dat daar goeie reënvalle is. Ek weet ook ons verstaan die natuurprosesse wat tot reën lei. Tog, op die einde van die dag kan ons steeds, nes die Bybelse mens, vir God dankie sê vir die reën want Hy is ook die skepper van die natuur.

Ons harte is dankbaar teenoor God vir die lekker reën wat in groot dele van ons land geval het!

Website Security Test