Wys jou ware kleure - werkswinkel

wys jou ware kleure

Voel jy soms of jou man jou nie liefhet nie en of jy net nie genoeg waardeer word by die werk nie? Of wonder jy waarom jy so skielik kwaad en geïrriteerd raak oor die kleinste goedjies?

Lynette Beer se Wys jou ware kleure-werkswinkel praat oor al hierdie hartsvrae en help jou sinmaak van jou man, baas, kollega, skoonma en kinders se onverstaanbare reaksies! Dié werkswinkel gaan vroue se lewens op soveel terreine aanspreek en verander. 

08:30 Koffie & Tee

09:00-09:15  Inleiding

09:15-10:00 Sessie 1 – WATTER KLEUR IS JY EN ANDER?

Hoe gaan dit met jou? Nee, hoe gaan dit met jou én jou emosies? Hoe gaan dit met jou man wat soms so besluiteloos kan wees? En jou moeilike baas wat jou nooit waardeer nie? En hoe gaan dit met jou kind wie se kamer altyd lyk asof daar 'n tornado deur is?

Soms wens ons dit kon werk as ons soos Michael Angelo was wat uit niks iets met ‘n bytel en hamer kon vorm. Sou dit nie wonderlik wees om mense te kon timmer na ons smaak nie?

WIE IS HIERDIE MENSE OM MY?
•  Gewilde Geel – Is vergeetagtig, optimisties en gewild
•  Rasige Rooi – Smag na beheer en is ‘n doener
•  Geruste Groen – Wil die vrede bewaar en is kalm en bedaard
•  Besliste Blou – Streef na perfeksie en raak gou pessimisties

10:00-10:05 (5 minute breuk)

10:05-10:50 Sessie 2 – JY IS KONFLIK SE BAAS

 Kan jy met jou huweliksmaat kommunikeer? Of domineer konflik en misverstande julle huwelik?

‘n Geveg hoef nie in ‘n onbeheersde woedeuitbarsting of ‘n tranedal te ontaard nie. Niemand wil 'n argument wen as dit beteken hulle gaan die persoon verloor nie. Daar is ook nie noodwendig ‘n wenner of ‘n verloorder nie. Ons kyk slegs deur verskillende lense na die lewe!

TEMPERAMENTE EN HUL KONFLIK HANTERING  
Sommige temperamente in van nature ingestel op verhoudings terwyl ander van nature op taak ingestel is. Daarby is sommiges natuurlik gedrewe en ander weer natuurlike volgers. ‘n Gebrek aan hierdie inligting vra mos vir moeilikheid!

10:50-11:10 Koffie & tee (20 minute)

11:10-11:55 Sessie 3VAT WOEDE EN VREES VAS!

As ek jou met water gooi, word jy nat of word jy kwaad? Dat jou emosies jou hele lewe beïnvloed is vir geen vrou nuus nie. As 'n mens jou emosies kan beheer, kan jy enige ding regkry, maar wanneer die negatiewe emosies in beheer van jou lewe is, sal dit jou in die teenoorgestelde rigting van jou lewensdoel en drome dryf.

DIE NEGATIEWE GEVOLGE VAN VREES EN WOEDE
Dit beïnvloed ons nie slegs op emosionele gebied nie, maar ook op sosiale-, fisiese- en geestelike vlak. Wat sal tog die oorsprong van vrees en woede wees?  Hoe hanteer my rooi man of blou baas hulle vrees en woede? Hoe is ek veronderstel om dit te hanteer?

11:55-12:00 (5 minute breuk)

12:00-12:45 Sessie 4EMOSIONELE TALE: IS DIE LIEFDE WAT JY ONTVANG GENOEG OF HET CUPID MIS GESKIET?

Om Afrikaans te praat en met iemand in Grieks te moet kommunikeer as jy nie Grieks praat nie, is onmoontlik. Dit lei tot groot frustrasie!  Só frustreer ons mekaar daagliks mekaar wanneer ons nie verstaan dat mense verskillende emosionele tale praat nie. Hoe jy liefde gee en hoe jy dit ervaar is ook nie noodwendig dieselfde ding nie.

Voel jy lelik omdat jou man nie genoeg vir jou sê dat jy mooi lyk nie? Kla jou man dat jy hom nie genoeg ondersteun nie, nadat die hele dag huisskoon gemaak het, sy garage reggepak het, kos gekook het én kruideniersware gaan koop het? Of voel jy in die gesig gevat wanneer mense met 'n blote "Okay!" op jou lang Whatsapp boodskap vol blommetjies reageer? Jou kind vra elke tweede dag of jy vir hom lief is en dit ontstel jou só - hy moet dit mos teen hierdie tyd weet!

EMOSIONELE TALE:
Woorde van waardering, Kwaliteittyd, Diensbaarheid, Geskenke en Fisieke kontak.

12:45-13:00 Samevatting

DATUM: Saterdag 6 Augustus
TYD: 08:30 vir 09:00 tot 13:00
PLEK: Eduplex Primêre Skool Ouditorium, Pretoria

SPESIALE AANBOD: Bespreek voor 8 Julie en betaal slegs R150 per persoon (was R300) + kry Lynette se nuwe boek, Watter kleur is jou persoonlikheid, gratis! KLIEK HIER om jou kaartjie te bespreek.

 

kommentaar (1)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA
Website Security Test