Yster slyp Yster-konferensie vir mans

Mans dra groot verantwoordelikhede en spanning lê ’n gees gou lam. Bederf jou man en seun met kaartjies vir die Yster slyp Yster-konferensie!

’n Mes word stomp as jy dit aanhoudend gebruik. Die skerp kant word rond en fyn barsies ontstaan. Natuurlik kan ’n mes nie vanself skerp word nie, dit moet gereeld geslyp word.

Mans word nie as mans van God gebore nie; hulle ontwikkel mettertyd hierdie eienskappe. ’n Man moet dus versigtig wees met wie hy gesels en die dinge waarmee hy homself besig hou, want die gesprekke wat hy elke dag het, slyp hom.

’n Man het mentors in sy lewe nodig

Klein seuntjies het verskillende helde, en hulle word gebore om op te kyk na iemand soos Superman of Spiderman. Hierdie helde word rolmodelle wat hulle leer hoe om op te tree en om op staan vir wat reg is.

Maar namate hulle grootword, verloor hulle die begeerte om helde te hê en om een te wees. ’n Man kry die verantwoordelikheid om sukses na te jaag en sy vrou en kinders te onderhou. Hy leer om die sterk een in die huis te wees en probleme alleen aan te durf, want hy dink om daaroor te praat is ’n vorm van swakheid.

Yster slyp Yster-konferensie vir mans

Yster slyp Yster daag mans en seuns uit om na vore te kom en op te staan vir hulle geloof; om hulle toe te rus om die mans te wees wat God beplan het. Insig, wysheid, humor en Bybelse waarhede word gebruik om die probleme waarmee alle mans worstel, aan te pak.

• Frans Cronjé (filmvervaardiger) kyk vanuit die Bybel en sy eie lewe na die dinge wat ’n man daagliks slyp: kollegas, sy vrou en kinders, vriende, ingewikkelde verhoudings en spanning oor werk.
• Wouter Snyman (sakeman) weet maar alte goed dat om te sorg die primêre taak van ’n man is. Ware rykdom lê egter daarin om besigheid op God se manier te doen.
• Jannie Putter (motiveringspreker) fokus op Dawid se eienskappe, soos sy nederigheid, getrouheid, gehoorsaamheid, ongehoorsaamheid en ook op sy berou.
• Gerhard Steyn lei die lofprysing. Mans gaan ook saam met ’n paar Leeu-spelers kuier.

lyn_3.png

Wie tree almal op?

GERHARD STEYN
(sanger)
COENIE SCHOEMAN
FRANS CRONJÉ
(filmvervaardiger) STEPHAN JOUBERT
JANNIE PUTTER
(motiveringspreker) GERJO BEN VAN DER MERWE
 
WOUTER SNYMAN

(sakeman)TEODORE VAN DER SPUY
   

lyn_3.png

DATUM: Woensdag 14 Junie
PLEK: Kompas Gemeente, Vanderbijlpark
TYD: 17:30 vir 18:00
KOSTE: R150 p.p.

Bespreek nou

Bespreek nou en betaal slegs R200 vir 2 persone.

KLIEK HIER om te bespreek.

 

In samewerking met IFM 102.2 Radio.

IFM Radio Kompas Gemeente

 

Website Security Test