10 geheime van Chad le Clos

0
1082
chad_le_clos.jpg

Wie sou kon glo dat ʼn bekende Suid-Afrikaanse swemmer verskriklik skaam is, en dis nie al nie…

1. Sy droom om ’n Olimpiese kampioen te word, het in 2004 begin nadat hy Michael Phelps aan die Olimpiese Spele sien deelneem het.

2. Voor die swem-gogga hom gebyt het, wou Chad sokker vir Manchester United gespeel het.

3. “Get moving, you ballerina!” is wat sy pa een keer vir hom geskreeu het toe sy vyfjarige seun volgens hom nie hard genoeg sokker gespeel het nie. Bert is bekend vir sy uitdrukkings soos “unbelievable” wat hy herhaaldelike kere geprewel het na Chad se wenvertoning tydens die Olimpiese Spele in 2012. “My pa dra sy hart op sy mou. Hy sê ’n ding soos dit is, maar het ’n hart van goud. As jy nie die waarheid wil hoor nie, moet jy liefs nie my pa se mening vra nie.”

4. Van ’n ballerina na ’n kampioen. As elfjarige word Chad gekies om KwaZulu-Natal se onder 13-sokkerspan te verteenwoordig. Hy hang sy sokkerstewels op toe hy 16 is om net op swem te konsentreer.

5. As kleuter was hy baie bang vir ’n swembad.

6. Toe hy nog in die laerskool was, moes sy ouers hom vier keer ’n week Pinetown toe neem om twee keer ’n dag te oefen. Ma Geraldine moes elke oggend 04:30 opstaan om hom betyds daar te hê terwyl Bert hom in die middae by die oefening besorg het.

7. Toe hy begin het om aan swemkompetisies deel te neem, kon Bert nie verstaan hoekom is Chad altyd aan die agterkant van die swembad nie. Dis toe dat Chad aan hom verduidelik van sy vriend Ntotuko wat bietjie stadig is en wat nie alleen laaste wil wees nie.

8. Net nadat hy as tienjarige aan sy eerste kampioenskap deelgeneem het, het hy sy tande in sy tannie se swembad getjip toe hy teen die kant van haar swembad vasgeduik het. Asof dit nie genoeg was nie, gooi sy nefie hom die volgende dag met ’n bal in die swembad raak. Net daar breek sy tande verder. Wie’t gesê swem is nie gevaarlik nie?

9. Tydens sy eerste Nasionale Lewensreddingkampioenskap is hy amper onthoof toe hy in ’n tou vasgehardloop het wat hom aan sy nek geruk het. “Mense het gedink ek is dood toe ek bewegingloos op die strand gelê het. My nek het nou nog letsels – ’n simbool van my (nie so suksesvolle) lewensreddingsdae.

10. In matriek behaal Chad drie onderskeidings ten spyte daarvan dat hy net ’n paar maande daardie jaar skool kon bywoon.

Geneem uit Unbelievable, uitgegee deur Penguin Publishers.

lyn_3.png

Chad le Clos en sy ma oor haar borskanker

2010 was vir my soos ’n movie. Nee, nie een wat ek gekyk het nie. Een waarin ek self was. Eintlik nogal ’n groot rol in gespeel het. Alles wat kon gebeur het, het daardie jaar gebeur.

Ek is ’n positiewe mens. Was nog altyd. Seker daarom dat ek nooit in my lewe aan kanker gedink het nie. Beslis nie aan borskanker nie.

Ek het gereeld elke twee jaar vir ’n Papsmeer gegaan, maar nie vir ’n mammogram soos dokters aanbeveel ’n vrou van 40 af elke jaar moet laat doen nie. Gelukkig het ek gereeld self my borste ondersoek.

Ek sal nooit daardie oomblik vergeet nie. Ek was in die stort, besig om reg te maak vir die Midmar-myl (die wêreld se grootste oopwaterswemkompetisie waaraan Chad sou deelneem), toe ek die ontdekking maak. oktober_finesse.jpg’n Mens is nie altyd seker hoe daardie “knop” voel nie, maar glo my, die dag as dit daar is, dan wéét jy net.

Met die water wat oor my lyf stroom, moes ek net daar ’n besluit neem: Gaan ek die nuus vertel of stilbly?

Lees die artikel in die Oktober uitgawe van Finesse of kry jou eie e-Finesse deur net hier te kliek. Lees hierdie aangrypende verhaal binne minute verder.