10 idees vir Hot chocolate met ’n twist

0
92
hot_chocolate_resep.png

Voor die winter verby is maak seker jy bederf jouself met iets soets. Iets wat jou sommer opwarm ook…

Daar is niks beter as ʼn koppie hot chocolate in hierdie koue nie. Wees ʼn bietjie uitspattig en gebruik ʼn paar van hierdie idees om jou drankie mee op te kikker.

1. Karamel

’n Eetlepel karamelsous kan wonders doen. Roer dit in jou warm koppie kakao en vat ʼn lekker groot sluk.

2. Roomys

Dit klink dalk vreemd om iets wat so koud is in ʼn warm drankie te sit, maar ’n skeppie van jou gunsteling roomys maak dit regtig lekker romerige. Jy gaan spyt wees dat jy dit nie lankal gedoen het nie.

3. Kaneel of vanielje

’n 1/4 teelepel van enige van hierdie maak die winter sommer soeter.

4. Lemoenskil

Sny ʼn paar stukkies lemoenskil op en voeg dit by jou hot chocolate. Die sitrus geur is lieflik.

5. Espresso of koffie

As jy gewoonlik jou dag met ʼn koppie koffie begin is dit ʼn goeie idee om dit met hot chocolate te meng vir ʼn lekker warm kombinasie.

6. Peperment

ʼn Stukkie peperment sjokolade of selfs een van daardie peperment lekkergoed wat jy sommer by ʼn restaurant kry, maak ʼn goeie bestanddeel om saam met jou warm sjokolade te meng. Dit is veral ʼn moet wanneer jy verkoue het.

7. Grondboontjiebotter

Nie gedink ʼn mens kan so iets doen nie? Wel, as jy mal is oor grondboontjiebotter, meng ’n eetlepel of twee in jou koppie kakao. Jy sal dit definitief geniet.

8. Kersies

Byna almal het ’n bottel kersies in die yskas. Voeg twee of drie teelepels van die sap in jou drankie of selfs ʼn kersie of twee. Dit gee ʼn heerlike soet smaak.

9. Klappermelk

Sit ’n tropiese spin in jou drankie. Vervang helfte van die gewone melk met ʼn bietjie klappermelk. Jy sal die verskil dadelik proe.

10. Stroop

Dit is nie net vir wafels en pannekoek nie. ʼn Teelepel stroop gee jou gewone hot chocolate ʼn unieke smaak.