100 dae-uitdaging

SKRYF IN en SKUD DIT AF!

Hoeveel diëte het jy nie al probeer nie? Uiteindelik! ’n Program wat jou mooi laat lyk, goed laat voel en hoop gee! Skryf in vir Finesse Voelgoed Tydskrif se Nuwe jy–uitdaging en volg die 100 dae–program vanaf 25 Januarie tot 5 Mei 2021.

Jy sien mense by die werk, by sosiale funksies, op TV, oral, wat suksesvol gewig verloor het. As dit voel asof jy die enigste een is wat nie gewig verloor nie, kan ons jou help om in 2021 die lyf te kry wat jy nog altyd begeer het.
Al wat nodig is vir ’n nuwe jy, is Finesse Voelgoed Tydskrif se 100 dae–uitdaging. Honderd dae van slimmer eet, meer oefen en ’n kopskuif maak.

DATUM

25 Januarie tot 5 Mei 2021

Slegs R99 R149 as jy vóór 7 Desember inskryf

Kry onbeperkte toegang tot ons NUWE JY-APP
Jy ontvang elke dag, vir 100 dae lank, die kennis wat jy benodig om jou ongesonde gewoontes vir eens en vir altyd af te leer.

7 DAG-EETPLAN

Laai die app af en kry ’n 7 dag-eetplan, volgens jou behoeftes, deur dieetkundige Amanda Kuit.
Dis doodgewone kossoorte wat jy kan bekostig en by enige kruidenierswinkel kan koop.
En vir daardie dae wat ’n mens ’n bietjie móét kul, is daar ’n lys kossoorte wat jy mag uitruil.

OEFENVIDEO’S van Linda Kriel

Verder kry jy toegang tot oefenvideo’s van Linda Kriel. Daar is iets vir almal, van beginners tot middelvlak- en gevorderde oefeninge.
Linda fokus op dit wat regtig werk om vet te verbrand en jou spiere te verferm sodat jy op jou  beste kan lyk.
Gebruik die toerusting in die gimnasium of oefen sonder toerusting in die gerief van jou huis.

MOTIVERING deur kundiges

Motivering en inspirasie deur Eugene Kemp (sielkundige), Liesel Krause-Wiid (predikant) en Kobus Neethling (kreatiwiteitskenner) hou jou kop reg.
Jy sal leer hoe om in jou gedagtes die stryd te wen in moontlik die grootste leefstylaanpassing van jou lewe.

Kry toegang tot ʼn geslote FACEBOOK-GROEP

Jy hoef dit nie alleen te doen nie!
Jy kry toegang tot ’n eksklusiewe, geslote Facebook-groep en word deel van ’n gemeenskap wat jou vrae sal beantwoord, wenke en resepte sal deel en jou sal aanmoedig en ondersteun. Dit is al klaar meer werd as jou inskrywingsfooi.
Ons het ook ’n vriendinne-uitdaging. Het jy ’n vriendin of familielid wat gereeld met jou gesels oor haar stryd om gewig te verloor? Daag haar uit om saam met jou die program te volg!

As die 100 DAE-UITDAGING verby is …
Twintig vroue word vir ’n onderhoud genooi, van wie ses uiteindelik vir die Nuwe jy-selfverbeteringsprogram, die grootste oormaaksessie van hulle lewe, gekies word.
Uiteindelik word een deelnemer tydens die jaarlikse Nuwe jy-bootcamp in Oktober aangewys as die wenner. Dit kan jý wees!

Slegs R99 R149 as jy vóór 7 Desember inskryf

Hier is ons 2020 FINALISTE!

Wat ons WENNER Marisha Raath sê

SKRYF
in!

R99

R149

Slegs R99 R149 as jy
vóór 7 Desember inskryf


Ingesluit:
* Nuwe jy-app
* 7 dag-eetplan
* Oefenvideo's
* Motivering
* Facebook-groep