100 dae–uitdaging vir gewigsverlies

Skud dit af!

Al wat nodig is vir ’n nuwe jy, is Finesse Voelgoed Tydskrif se 100 dae– uitdaging. Honderd dae van slimmer eet, meer oefen en ’n kopskuif maak. Jy kry ook ’n volledige eetplan, dieettabel en oefenplan.

Datum

Die uitdaging begin op
28 Januarie en eindig op 28 Mei 2020.

Motivering

Jy ontvang elke dag, vir 100 dae lank, die kennis wat jy benodig om jou ongesonde gewoontes vir eens en vir altyd af te leer.

7 dag-eetplan

Laai die app af en kry ’n 7 dag-eetplan, volgens jou behoeftes, deur dieetkundige Amanda Kuit.

Oefenvideo’s

Verder kry jy toegang tot oefenvideo’s van Linda Kriel. Linda fokus op dit wat regtig werk vir ferm spiere en om vet te verbrand sodat jy op jou beste kan lyk.

Facebook-groep

Jy kry toegang tot ’n eksklusiewe, geslote Facebook-groep wat wenke en resepte deel en jou sal aanmoedig en ondersteun.

Wat gebeur na die 100 dae-uitdaging verby is?

Omdat deelnemers deurlopend foto’s van hulleself neem en rekord hou van hoeveel gewig hulle verloor, word 100 van die top-gewigverloorders vir die kortlys gekies.

Twintig vroue word vir ’n onderhoud genooi, van wie tien uiteindelik vir die Nuwe Jy-selfverbeteringsprogram, die grootste oormaaksessie van hulle lewe, gekies word.

Vir drie maande word hulle deur ’n sielkundige ondersteun, kry hulle die CSN-eetplan, asook velsorg-, haarsorgbehandelings, stilering en ’n skitterwit glimlag.

Jy hoef dit nie alleen te doen nie

Ons het ook ’n vriendinne-uitdaging. Het jy ’n vriendin of familielid wat gereeld met jou gesels oor haar stryd om gewig te verloor? Daag haar uit om saam met jou die program te volg!

Jy en jou vriendin staan albei die kans om vir die bonusprys – ’n gratis oormaak- en fotosessie – in aanmerking te kom.

Marilize Bakkes was vanjaar se wenner:

Behalwe vir die gewigsverlies het ek ook emosioneel gekry waarna ek vir jare gehunker het. Die eetplan op die Nuwe jy-app was lekker en maklik om te volg, ek volg dit steeds.

Marilize Bakkes