101 Wyshede

Gesoek! Lesers om saam te skryf

As jy iemand is wat graag haar wysheid met ander deel, is ons 101 Wyshede-reeks perfek vir jou!

Ons sal graag jóú woorde met goeie raad, insig of iets wat jy geleer het uit eie ervaring, by een (of almal!) van die volgende vier boeke insluit: #RegteGeloof, #GelukkigeGesin, #SuksesGeheime en #JyNétBeter.

Die boek waaraan ons tans werk, is:

 #SuksesGeheime

Skryf ’n eenvoudige, maar treffende stukkie van slegs 100 woorde.

Jy hoef nie ’n gevestigde skrywer te wees om jou woorde gepubliseer te kry nie, ons sal dit volgens ons riglyne redigeer.

Jy ontvang ’n gratis kopie van die boek waarin jóú wysheid verskyn. Jy kwalifiseer ook om ekstra boeke teen halfprys aan te koop.

’n Administrasiefooi van R30 is betaalbaar sodra jy jou wysheid opgelaai het.

Ons sien daarna uit om julle stukkies te lees. Lekker skryf!

Hoe gemaak as jy nie weet hoe en wat om te skryf nie?

100 woorde is baie min! Dis die uitdaging: Om in net ’n paar sinne dit wat jou geïnspireer het, met ander te deel. Gewone mense se skryf-soos-jy-praat Afrikaanse woorde kan in ons boeke op buitengewone wyse ander mense motiveer en verryk.

Hoe eerliker jy is en hoe meer jy uit jou hart uit skryf, hoe meer sal jou stukkie waarde hê vir lesers. Onthou, ons doen die redigering en die taalversorging. Jy hoef nie ’n letterkundige te wees nie.

Skryf soos jy praat, en skryf asof jy vir jou beste vriend of vriendin of jou kind die kosbaarste boodskap ooit wil gee.

Maak seker jy bly by die woordtelling – ons het net plek vir 100 woorde per saamskrywer!

As jy brand om saam te skryf, maar vasbrand oor wat om presies te skryf, hier is ’n paar gedagtes om jóú gedagtes aan die gang te sit:

  1. Die beste stukkie raad wat ek ooit ontvang het oor die tema(s) is …
  2. Die lewe het my geleer dat …
  3. As ek eerlik en reguit moet praat, is dít wat ek graag uit my hart sal wil deel …
  4. Kom ek vertel jou wat die Here in my lewe laat gebeur het …
  5. Dié een ding wat ek graag sal wil hê jong mense moet leer by my, is …
  6. My grootste seerkry was ook die grootste stuk groei en dís wat gebeur het …

Moenie hierdie frases gebruik as deel van jou stukkie nie. Begin skryf en jou woorde tel nádat jy die sinne voltooi het.

Hierdie gedagtes is net voorstelle – jy kan oor letterlik enige stukkie wysheid skryf.

Nog ’n paar wenke om jou te help

  1. Die enigste manier hoe jy jou hoofstuk van 100 woorde kan indien, is deur ons webblad.
  2. Voltooi die aantekenblad en betaal jou R30 administrasiefooi wanneer jy jou 100 woorde oplaai.
  3. Ons plaas jou naam soos wat jy dit invul wanneer jy aanteken.
  4. Wanneer jy betaal het, aangeteken het en jou woorde gelaai het, is jy deel van die boek. Daar is nie ’n keuringsproses nie.
  5. Ons redigeer wel jou stukkie, doen die taalversorging en kry dit druk-gereed.
  6. Wees asseblief geduldig nadat jy aangeteken het. Jy ontvang ’n e-pos wat bevestig dat jou betaling ontvang is en dankie sê vir jou stukkie. Dit is die enigste bevestiging wat jy ontvang.
  7. Die produksieproses neem ’n paar maande. Ons kan jou moontlik in hierdie tyd kontak met ’n voor-publikasie aanbod en/of reëlings rondom die stuur van jou gratis eksemplaar. Dit geskied per WhatsApp-boodskap of SMS. Maak asseblief seker jy verskaf ’n selfoonnommer wanneer jy aanteken.
  8. Weens die groot getal saamskrywers kan ons ongelukkig nie met elkeen individueel kommunikeer nie. Maar weet asseblief dat jy ’n gewaardeerde saamskrywer is en dat jy en jou woorde ons 201 Wyshede-reeks máák.

#RegteGeloof

201 wyshede oor GELOOF EN AANBIDDING
Keerdatum:
29 Februarie 2020
Verskyn: Julie 2020

(R30 Administrasiefooi)

#GelukkigeGesin

201 wyshede oor
GETROUDWEES EN KINDERS
Keerdatum:
14 September 2020
Verskyn: November 2020

(R30 Administrasiefooi)

#SuksesGeheime

101 wyshede oor WERK EN GELD
Keerdatum:
30 November 2020
Verskyn: Maart 2021

(R30 Administrasiefooi)

#JyNetBeter

101 wyshede oor GROEI EN GELUK
Keerdatum:
14 Januarie 2020
Verskyn: April 2021

(R30 Administrasiefooi)