15 oulike idees met houtlaaiborde

0
1936
pallets_diy.jpg

Omskep gewone houtlaaiborde, of palettes, in fantastiese ontwerpersitems. Dis so maklik, enigeen kan dit doen! Van banke en koffietafels tot kopstutte. Hierdie gier is so aansteeklik soos ’n kindersiekte!

1_2.jpg 1.    ’n Eenvoudige kopstuk, en super maklike basis vir jou bed, komplimenteer mekaar terwyl dit vir jou die vryheid gee om met verdere dekor items en lig te speel.
2_2.jpg 2.    Omskep jou werkbank of kombuis toonbank met helderkleurige houtlaaiborde. Dis maklik, funksioneel en verfraai jou kombuis onmiddelik.
3_2.jpg 3.    Lê jou skryfbehoeftes en geskenkpapier die wêreld vol? Kyk net hoe maklik is dit om alles netjies en bymekaar te hou. Jy hoef nooit weer in ’n deurmekaarspul rond te krap nie.
4_1.jpg 4.    Moenie duur kinderbedjies koop wanneer jy ’n uitsonderlike bed met palettes kan maak nie. Dis kinderspeletjies om aanmekaar te slaan, plus jy kan self die lengte bepaal. Koop ’n sponsmatras wat volgens die bed se grootte gesny word, en siedaar!
5_3.jpg 5.    Verander ’n houtlaaibord in ’n koffietafel-pragstuk! Haal die onderste houtjies af, verf die hout ’n helder kleur van jou keuse, en voilà!
6_1.jpg 6.    Hoe lyk so ’n swaaibed in die koelte vir jou? Kan jy nie klaar sien hoe jy ure van lees hier gaan spandeer nie? Knip sommer ’n uiltjie terwyl jy hier lê en rus.
7_1.jpg 7.    Wat ’n unieke manier om jou foto’s mee uit te stal! Maak hierdie kunswerk in minder as ’n halfuur, vir ’n leeftyd se visuele plesier.
8_1.jpg 8.    Kweek ’n liefde vir lees by jou kleinspan deur vir hulle ’n spesiale leeshoekie te maak met palettes. Wees so kreatief soos wat jy wil met die kleure, en leer hulle dat lees lekker is!
9_0.jpg 9.    Altyd ’n klomp baadjies en handsakke wat rondlê wanneer jou vriendinne kom kuier? Jou probleem is opgelos met hierdie helderkleurige kapstok! Gebruik verskillende tipes hakies om dit nog meer op te vrolik.
10_0.jpg 10.    Nog ’n fantastiese dekor-idee met houtlaaiborde. Verf ’n bord met die kleur van jou keuse, en skuur dit dan weer oral af, sonder om al die verf te verwyder. Kies ’n spreekwoord wat jou inspireer. Bring dit netjies op die houtjies aan, en staan elke dag terug om jou kunswerk te bewonder.
11_0.jpg 11.    ’n Tuisgemaakte palette-horlosie … Kyk net hoe vintage lyk dit! Die oneweredige houtjies maak die horlosie net mooier. Dis maklik om die gesiggie te verf. Gebruik stelsels om netjies om die romeinse syfers te verf.
12_0.jpg 12.    Is jou badkamerkassie ’n deurmekaarspul? Nie meer nie. ’n Houtlaaibord, glad geskuur en vernis, met eenvoudige glas botteltjies daarop vasgemaak is jou antwoord! Dis nie net netjies nie, maar ’n pragtige stukkie dekor vir jou badkamer.
13_0.jpg 13.    Hierdie een is ’n besliste wenner! Skuif jou lessenaar oral saam om te werk op enige plek wat jy graag wil. Om nie eers te praat van heerlike ontbyt in die bed nie …
14_0.jpg 14.    Wie kuier nou nie graag buite nie? Maar mooi tuinmeubels is duur. Maak vir jouself (eintlik bedoel ons span vir manlief in …) só ’n pragtige tuinstel. Dink net hoe besonders gaan dit lyk met verskillende helder kussings en ’n tafeldoek. Asemrowend!
15_0.jpg 15.     ’n Maklike, eenvoudige eetkamertafel. Hou die hout skoon, of verf dit in kleure wat jy van hou. Dis ook ’n goeie idee om dit te verf en af te skuur om die tafel ’n rustic look te gee. Stensil hier en daar ’n paar mooi woorde vir versiering, en jy het ’n unieke tafel wat jou gaste  se asems gaan wegslaan.

Het die gogga jou ook gebyt? Gaan kyk op ons Pinterest-blad vir nog baie ander idees om jou hout palettes te omskep in ongelooflike meubelstukke en dekor. Wie het gesê dit moet baie geld kos om ’n pragtige huis te hê?