16 jaar gelede – graad 7 …

0
10
anoreksia.jpg

Ek kan amper nie glo ek het skaars ’n jaar terug vir my ma gesê ek sal nooit soos die model in die tydskrif kan lyk nie … want ek hou te veel van kos. Die ding is dat ek nou SO graag soos sy wil lyk. Hoe graag sal ek nie in die bad wil lê en afkyk op ’n plat magie nie.  En hoe graag sou ek nie wil komplimente kry oor hoe ek lyk … eerder as spottende opmerkings en kyke van klasmaats nie.

Dit is net so vernederend! ’n Mens kan slim wees, selfs ’n prefek wees … maar dit beteken nie jou maats aanvaar jou nie.   Dan praat ek nie eers van niggies met hulle mooi lywe nie. En hulle kan eet wat hulle wil! *Anna-Belle die vettie … hoekom op aarde het my ma my nie op groentestokkies groot gemaak nie?

As ek nie vinnig maer word nie, sal ek nooit goed genoeg wees nie. Dan sal daar ook nooit ’n spesiale outjie in my lewe wees wat ook my hand wil vashou nie … en dan sal my ouma nooit net vir my sê:

“Ek is lief vir jou”, eerder as “Jy moenie so baie eet nie, want kyk hoe lyk jy. Jy moet so maer wees soos ouma!”   Op daai dag het ek besluit dat dinge moet verander … ek was so moeg vir kritiek en wou net aanvaar word.  

Vir vorige blogs, kliek hier.