28. Die gewigsverlies drankie genaamd water

dieetwenke.jpg

Water is ‘n natuurlike eetlusdemper en is dit dus raadsaam om genoeg water te drink.

Jy benodig ongeveer 20-30 ml water per kilogram liggaamsgewig. Indien jy 60 kg weeg, benodig jy ten minste 20 x 60 = 1200 ml (1.2 liter) water per dag.

Hierdie aanbeveling sal effens aangepas word na aanleiding van eksterne faktore soos byvoorbeeld, oefening, seisoen en temperatuur (as jy byvoorbeeld in Kakamas woon waar temperature tot 45 grade Celsius styg, gaan jy meer water benodig).