29. Minerale wat vetverbranding aanhelp

dieetwenke.jpg

Daar is gevind dat ’n hoë kalsiuminname, nie net tot ’n verhoging in beenformasie lei nie, maar ook lipolise (vetverbranding) verhoog.

Kalsium wat binne in die vetselle voorkom speel ’n belangrike rol in die regulering van vetverbranding of vetstoring.

‘n Hoë kalsiumdieet keer dat kalsium in die vetselle ophoop, en stimuleer vetverbranding, inhibeer vetstoring en verhoog energieverbruik deurdat dit liggaamstemperatuur verhoog.