3 plante wat jou lewe makliker maak

0
1198
blomme.jpg

As jy gewoonlik vergeet om vir jou plante water te gee, dan moet jy beslis hierdie 3 plante in jou tuin hê.

‘Kersfees’ kaktus – Epiphyllum

Anders as meeste kaktusse, is die Epiphyllum een wat jou nie sal seer maak as jy daaraan vat nie. Hierdie plant is baie maklik om voor te sorg en vereis min water. Jy hoef dus net een keer ʼn week vir jou plant water te gee. Wanneer hierdie kaktus blom sal dit definitief jou lewe ophelder.

1_21.jpg

lyn_3.png

Bos lelie – Clivia Miniata

Die bos lelie se lang donker groen blare maak dit 'n aantreklike plant vir enige tuin. In die lente en herfs blom hierdie plant met pragtige oranje blomme. Dit het ook min water nodig in die wintermaande.

2_12.jpg

lyn_3.png

Knysna varing – Rumohra Adiantiformis

Hierdie varing se pragtige blink, leeragtige blare word dikwels in blommerangskikkings gebruik. Dit word ook gewoonlik vir hierdie rede geplant. Knysna varings is ideaal om onder ʼn groot koelteboom te plant en verkies vrugbare en goed gedreineerde grond.

3_16.jpg