5 Belangrike tips om veiliger te wees

0
177
veilig.jpg

Ons almal wil veilig voel, veral in ons eie huise maar hoe maak mens dit moontlik in vandag se lewe? Hier is 5 wenke.

Neem dit in gedagte: Wat gebeur as 'n paar van jou daaglikse gewoontes eintlik jou veiligheid in gevaar stel? Ons blameer onself vir tragiese aanrandings en ontvoerings, daarom moet ons seker maak ons doen alles in ons vermoë om ten alle tye veilig te wees.

1. Wees bewus oor dit wat om jou aangaan

Dit is by vere die belangrikste wenk. Wees bewus van dit wat in jou omgewing aangaan ten alle tye, veral as jy alleen is en jy die gebied nie goed ken nie. As vroue is ons dikwels bekommerd oor wat in die aande kan gebeur, maar talle vroue word in helder daglig aangeval.

2. Jou lyftaal wys dat jy bang is

Wanneer jy af kyk of aan jou handsak klou, gee dit die indruk dat jy bang is. Aanvallers verkies juis die wie bang lyk. Loop met selfvertroue. Moet ook nie stilstaan en in jou handsak rondkrap nie.

3. Plakkers op jou motorvenster is gevaarlik

Dis dalk oulik, maar wie sê dis veilig? Die plakkers op jou kar gee vir aanvallers al die inligting wat hulle nodig het. Daardie sticker wys vir hulle presies hoeveel gesinslede julle is en dat julle net ʼn klein hondjie het. Al wat hulle nou hoef te doen is om jou huis toe te volg.

4. Wees wys wanneer dit by Facebook kom

Moenie op Facebook ‘in-check’ wanneer jy iewers is nie. Jy wil tog nie hê iemand moet jou agtervolg nie. Doen dit liewer voor jy huis toe ry. Op hierdie manier wys dit waar jy was in plaas van waar jy op die oomblik is. As jy op vakansie is, moet liewer nie by plekke op Facebook ‘in-check’ nie. Dit mag dalk net vir die verkeerde persoon wys dat daar niemand by die huis is nie.

5. Maak seker jou kind weet wie die skelms is

Voor jy jou kind by die skool aflaai, maak seker sy weet wie haar na skool kom haal. Soms sal ʼn ontvoerder ʼn kans vat en jou kind se vertroue wen deur om te sê: “mamma het gesê ek moet jou kom haal.” En moenie jou kind se naam lewensgroot op haar tas skryf nie. Ontvoerders gebruik dit tot hul voordeel. As hulle jou kind se naam weet, maak dit hulle hele storie geloofwaardig. Maak seker jou kind is bewus hiervan.